Daar is elke keer ‘n groot opgewondenheid in my as LitNet Akademies my werk publiseer. Dit is ‘n vinnige, professionele proses en ek is met albei kante van die proses vertroud.
Lees voort “Die ontleding van sosiogramme om die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid op klasvlak te ondersoek”Skrywer: Dr Christa van Staden
Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik
Mia vertel my al so lankal van Wildberries. ‘n Baie groot aanlynwinkel in Qazaqstan. Waar jy enige iets kan koop – van sekere kos tot klere tot toestelle. Ek gaan juis vandag my hidrometer afhaal. Om hierdie droë lug te toets.
Lees voort “Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik”Resep vir aartappelgereg in Almaty
My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer gereeld.
Lees voort “Resep vir aartappelgereg in Almaty”Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty
Ons het gesē ons gaan nie elke keer by dieselfde plek eet nie, want hier is soveel restaurante in Almaty. Wel … ons is al verkeerd bewys.
Lees voort “Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty”As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …
Donderdagaand gee ons ons paspoorte vir die HR bestuurderes, ons visums verval amper en ons moet dit opdateer. Dit is belangrik, mens wil nie sonder ‘n visum in ‘n vreemde land wees nie. Ons gaan so week sonder visums wees, dalk selfs langer.
Lees voort “As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …”Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek
Ek dink blogvriendin Anne gaan van hierdie tee hou. Dit is juis sy wat my oortuig het om Earl Grey tee weer ‘n kans te gee. Nou drink ek selfs Bergamot tee as ek nie lus is vir ‘n vrugte geur nie.
Lees voort “Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek”