Gepubliseer in Joernaal

Geseënde kersfees

‘n Baie geseënde kersfees vir al my blogvriende. Mag die dag spesiaal wees, selfs al vier jy dit vandag alleen.

Ons het gisteraand oukersaand by dollatjie gevier. Met al my kinders en kleinkinders onder haar dak. Selfs skoonma van seun en skoonpa van dollatjie was daar. En seun se skoonsuster.

Vandag is ons groepie by ons huis in Stilbaai. Met manlief wat sy kalkoen en gammon braai terwyl ons ander ons jaarlikse takies uitvoer. Voorgereg deur seun. Hoofgereg deur my en manlief. Poeding deur seun se skoonsuster en southappies deur dollatjie voorsien.

Ons wou sewe-uur kerk toe gaan, maar almal slaap nog. Baba ook. Hy het hom opgespeel met sy drie ouer nefies gistermiddag en aand. Ek het gedink hy gaan deurnag en sommer bietjie meer.

Geniet die dag, ek moet gou gaan skoonmaak voor almal kom.

Ek groet met twee boodskappies wat ek raakgeloop het. En wat my wens vir jou verwoord.

Liefde

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Geseënde kersfees

  1. Love and a blessed Christmas Srason. We attended Midnight zcommunion last night- starting at 11pm, then morning service at 9. It was so beautiful.
    You had a huge gathering. Our Son and Son in Law are supposed to be coming up next Friday.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.