Blogvriendin Woordnoot skryf vandag oor doringbome. En toe is ek sommer lus om ook te skryf. Veral omdat ek een in ons tuin laat afkap het. Ene wat die gras versmoor, ons het hom op verkeerde plek geplant. Ek wil oor twee soorte bome met dorings skryf wat by ons langs die rivier groei.
Lees voort “Doringbome en wag-‘n-bietjies”Skrywer: Dr Christa van Staden
My drie skaduwees … ek bedoel twee …
Ek het my hart styf toegesluit om my drie Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo en Sobek nie vreeslik te mis toe ons in Kazakhstan gebly het nie. Hulle sou aanvanklik saam met ons oorgegaan het. Want my kinders kon nie na hulle kyk nie. En ek sou hulle nie laat uitsit omdat ek oorsee gaan bly nie.
Lees voort “My drie skaduwees … ek bedoel twee …”Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …
Ek skryf eergister oor manlief wat nutsman speel en die huis verfraai. Terwyl ons in die stadshuis wat in die mark is, moet bly omdat die verwers verf. Ons kon dus nie rivier toe gaan soos wat ons beplan het nie. Om die eerste twee weke van ons kinders en vriende te isoleer tot ons weet dat ons geen kiem op die vliegtuig opgetel het nie.
Lees voort “Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …”As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom
Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.
Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”Prettige oomblikke in ons huis
Ek is skuldig, skryf al minder en minder. Een van die redes daarvoor is dat ons nogal besig is sedert ons geland het. Maar dit is seker nie ‘n verskoning nie? Daarom moet ek eers stilstaan om iets te vertel waaroor ons die afgelope paar dae gelag het.
Lees voort “Prettige oomblikke in ons huis”Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan
Ons het mos die 4de Oktober geland. En toe moet ons twee weke van ons kinders en kleinkinders en naastes weg bly. Net vir ingeval ons ‘n gogga op die vliegtuig kon blyplek in ons lywe gee. Nie dat die staat dit van ons verwag nie, maar ons het dit tog gedoen. Ons bly mos nou permanent en wat is twee weke tussen familie?
Lees voort “Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan”