Ek het nou al ‘n paar keer geskryf oor goed wat ek doelbewus moes onderdruk om gelukkig in Kazakhstan te kan wees. Een daarvan was om my Miniatuur Schnauzers om my voete te vind. Maar veral om met hulle wegkruipertjie te speel.
Lees voort “Wegkruipertjie met Schnauzers”Skrywer: Dr Christa van Staden
Ek en spinnekoppe
My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …
17 Augustus 2020 was die een dag in my lewe wat ek so graag saam met my kinders wou vier. My 60ste verjaarsdag. Die Here het egter ‘n ander plan vir my gehad.
Lees voort “My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …”Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …
Ek was in Januarie 2020 vuur en vlam en het voorstelle vir drie boeke ingestuur. Al drie is aanvaar. Teen middel Maart het ek geweet dat ek drie hoofstukke gaan moet skryf. En ek was vuur en vlam, want dit was goeie nuus en ek het geweet wat ek wou ondersoek.
Lees voort “Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …”Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie
Ek het so pas my weertoep, Weather Live, gestaak, want ek het dit nie meer nodig nie. Hier ken ek die weer, weet ek hoe om aan te trek as ek by die venster uitkyk en kan ek nie verkluim as ek nie reg aantrek nie.
Lees voort “Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie”As BB se probleme opgelos moet word …
BB is my miniatuur Schnauzertjie; sy is so bietjie meer as tien jaar oud. As jy hier lees, sal jy verstaan hoe ek my hart styf toe mies maak terwyl ons in Kazakhstan geleef het. Om nie aan haar en my ander woefkinders te dink nie.
Lees voort “As BB se probleme opgelos moet word …”