Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.
Skrywer: Dr Christa van Staden
Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees
Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander.
Resensie TV-reeks: Afgrond
Ek is ‘n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke ‘n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie.
e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie
Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is.
Wees gewaarsku: Vryburg Noordwes = Wilde Weste
Vandat ons na Kuruman getrek het, waarsku die manne op die myn. Hou ‘n oog oor die vrag op jou bakkie as jy deur Vryburg ry. Die meeste bly in die stad. En ry elke tweede naweek huis toe. Tot nou was ons gelukkig.
LitNet Akademies se adviesraad
Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.