Gepubliseer in Joernaal

Tussen stasies …

Ek voel op die oomblik soos iemand op ‘n trein, tussen stasies. Probleem is dat ek op meer as een trein gelyk probeer reis …

En dit werk nie …

Ek wou vanjaar eintlik nie navorsing doen nie, almal wat gereeld lees, weet waarom. Maar o wee, ek is net met navorsing besig.

My PhD wil Julie indien, dus werk ons dubbelspoed om sy tesis af te rond. Dit neem ongelooflik baie tyd in beslag, hy is soos ek. Sy tesis is ook al meer as 500 bladsye lank.

My artikel wat ek by Heliyon ingedien het, is aanvaar vir publikasie, maar ek moes eers veranderinge aanbring. Dus het ek daaraan gewerk, mens het ‘n sperdatum om dit terug te gee. Heliyon is ‘n internasionale vaktydskrif vir opvoedkunde, ek is superopgewonde oor die aanvaar van die artikel. Dit is in … en ek het soveel geleer, nou publiseer ek my datastelle aanlyn.

My artikel wat ek by die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie ingedien het, is aanvaar, ook met veranderinge. Dit was moeilik, want ek het net 8000 woorde om te gebruik, en toe maak ek maar ‘n plan. Gebruik skermskote van ChatGPT se gedigte en hou dit in artikel, maar skuif al die ander antwoorde na ‘n datastel, wat aanlyn gepubliseer is. Dit is nuwe manier van doen, mens publiseer jou data ook … Die artikel is in gevorderde stadium, is by copy editing fase.

Ek het vir gradering aansoek gedoen, om as navorser gegradeer te word. Ek moes veranderinge aanbring, beter motiveer waarom my navorsing belangrik is. Ek sukkeo nogal daarmee, om my vaardighede te verkoop … Dit is ook in.

Die redakteur van ‘n nuwe vaktydskrif vir Geografie vakdidaktiek het gevra dat ek soortgelyke artikel as my Afrikaanse een in Engels skryf vir moontlike publikasie. Dit doen ek volgende week.

En toe land ‘n versoek van dieselfde vaktydskrif in my gemorspos, sal ek asseblief ‘n artikel evalueer? Dit het ek aanvaar, dit is lekker om te weet dat my kennis tog belangrik geag word.

Dan het my medeskrywer uiteindelik na die artikel gekyk, dit is amper ‘n jaar gelede geskryf. Daaraan het ek nog nie aandag gegee nie, dit is werklik op die oomblik moeilik om tyd daarvoor te maak. Ek sal eers alles moet nagaan, daar is soveel intussen in ander artikels geskryf.

En so maak ek nie tyd vir hier skryf nie, want as ek doen, is daar net te min tyd vir my regte skryfwerk.

Ek lees darem soms, lewer kommentaar, want ek mis die skryfwerk baie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Tussen stasies …

      1. Dalk is hierdie juis jou tyd om objektief te besluit wat om te laat gaan en wat jy steeds voor kans sien. Jy het keuses, en dis wonderlik

        Liked by 1 person

  1. Jy’s omtrent ‘n besige bytjie. Mens kannie sonder besig bly lewe as jy gewoond daaraan is. Mens raak gou verveeld en soek tog weer om meer te doen. Terwyl jy dit kan doen moet jy maar volhou. Dis goed vir liggaam en gees. Sterkte met al die aanvaardings.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.