Gepubliseer in Joernaal

Foonsnolle pla – behalwe as dit Steve is

Sjoe, ek moet ophou vertel wat my irriteer. Maar ek gaan vandag moet vertel.

Ek het ‘n fluitjie by my lessenaar, vir foonsnolle. Dit is nou daardie mense wat my bel om lenings en wat ookal aan my te probeer afsmeer. Die wat my die kwaadste maak, is die wat ‘n masjien stem gebruik om goed aan my te wil verkwansel. Want die fluitjie werk dan nie …

Dan sit ek neer, baie ontevrede met die mense. En blok die nommer om nie weer so gevang te word nie. Dit help egter nie, ek word net van ander nommers gebel.

Vanoggend was egter anders.

Foon lui en ek sien dit is 010 nommer. Wil nie antwoord nie, maar antwoord toe tog maar want ek wag vir ‘n pakkie. En so kry ek die lekkerste verrassing.

Steve Hofmeyr se stem in my oor.

Toe ek die rasperstem hoor, was ek skoon verward. Stomgeslaan, en probeer gelukkig nie terug hallo sê nie. Hy vertel van sy Steve doen Steve show, wat by die monument gaan wees. Ek is nie lus vir sulke groot shows nie, maar sjoe, hierdie advertensie sal my nogal oortuig om wel te gaan.

Ek het nie neergesit nie, ingedagte na sy stem bly luister. Moes nou gaan Google om die details van die vertoning te kry …

Ek sien hom elke jaar in Stilbaai, en dit is absoluut lekker om die kaartjies vir my en manlief te koop.

Dalkies veroorsaak hierdie mooi opgeneemde foonboodskap dat ek Steve se vertoning by die Voortrekker monument gaan kyk. Al is dit net omdat ek “persoonlik” genooi is.

So terloops, geen ander sanger of sangeres gaan dit regkry dat ek nie vies is vir die opgeneemde boodskap nie. Dan na-aap hulle mos vir Steve. Miskien Bobby? Die man se skewe skaam glimlag en spiere wat so vertoon word op sy advertensies sal my ook dalk heel droomverlore laat luister tot die oproep afgesluit word …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Foonsnolle pla – behalwe as dit Steve is

  1. haha lekker uitgevang! Daardie snolle maak my wiele ook pap. Gelukkig kry ek nie sommer oproepe nie. Dis my liewe vriendin met altzheimer wat so geteister word. Haar ou man van 90 sukkel om ontslae te raak van hulle. Hul kan nie sonder foon wees nie.

    Liked by 1 person

      1. Was juis Dinsdag by haar toe een bel. Hy hou aan en aan om haar deurmekaar te maak. Sy wou eers ook nie foon vir my gee nie. OP einde het sy hom gegee. Was ‘n regte scammer! Hy wou twee gratis kaartjies gee om in hotel te bly as…. Hom gesê no thanks en foon neergesit. Hul gee sulke onduidelike name of besighede dis ongelooflik.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.