Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Oupa uil

Jongste kleinkind, die een aan seun se kant, hou van sing. Dit is vir my nuus, want ek het hard probeer dat hy saamsing toe hy drie keer per week by my gebly het.

Sy ogies is lewendig en oplettend en hy sien alles raak. Soos ouma se ronde beursie (baie groot) wat oupa in ‘n boks ontdek het wat hy see toe gevat het – en soos ‘n kosbare kleinnood voor my neergesit het …

Dit het toe huis toe gekom, vir my huis se sleutels, dan het ek geldjie by my as ek sou nodig kry.

Die sleutel hang hoog bo die sleutelgat van die voordeur aan die handvatsel, want oums wil nie verrassings kry as kleinseun deur oopsluit en wegstap nie.

Hy vra of dit kan af, en ek gee dat hy speel.

Toe sien hy die uil op die beursie en sing vir my:

Oupa uil

Oupa uil

Waar bly jy?

Waar bly jy?

Hoog in ‘n boom (s diep en baie rond uitgespreek)

Hoof in ‘n boom

Hoe hoe hoe

Hoe hoe hoe

Terwyl hy die vuisies rond voor die ogies hou by die laaste twee reëls.

Soos ‘n uiltjie!

Ek dog ek eet hom op.

Later die aand sing hy terwyl ek opskep:

Ouma uil (2x)

Waar bly jy? (2x)

In die bosse (2x)

Hoe hoe hoe! (2 x)

Nou wonder ek of hulle dit so leer? Ek vermoed so, want dit is een van die dae ouma en oupa dag. Indien nie, is hy besonder kreatief!

Ek is mal oor die singende seuntjie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Kleinkindpret: Oupa uil

  1. Spontane reaksie op al die aksie om hom. Woorde en idees rol sommer deur sy gedagtes en by sy mondjie uit. Jy moet bietjie dophou, hy na-aap alle bewegings van mense en kinders om hom. Dis te dierbaar om te aanskou. Ek en kleinsussie het nou die dag piekniek gehou in sitkamer presies soos sy gesien het hoe dit gedoen word. Tot die gesels is dieselfde as ouers/groot mense.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.