Ek speel vanoggend Wortel, en kan die woord net nie gespel kry nie.
Voorlaaste probeerslag net ek DI-GE, die middelste letter ontbreek ,an dit glad nie uitwerk nie.
Naderhand pas ek sommer net letters in, want ek weet die woord sal dan nie werk nie, daar is nie iets soos diLge, of diBge nie. Ek pas die N en daar werk dit sowaar.
Natuurlik is dit nie Din-ge nie, maar dinge!
As ek so lusteloos soos vandag is, moet ek liewers nie probeer nie.
Dinge!
Sowaar, ek het geskok gesit en kyk hoe al die letters van die laaste probeerslag groen word, en nog gedink ook dat daar nie iets soos din-ge is nie ….
Dinge … haha 😁. Dis ‘n woord (of die verwerking daarvan) wat jy baie in Namakwaland hoor. Soos byvoorbeeld wanneer die persoon aan die woord nie iemand se naam kan onthou nie, dan klink die sin gewoonlik so: “Man, jy weet mos van wie ek praat, dinges, jy weet mos”. Of wanneer daar te veel goed is om op te noem: “Daar is net soveel dinge, ek kry vir niks kans nie”. Dinge en dinges kan dus instaan vir baie ander Afrikaanse woorde!
LikeLiked by 1 person
Ek stem, ek gebruik dit sooooo baie. En tog het my brein botweg geweier om die woord te herken toe ek diNGE probeer lees eerder as die gewonde dinge.
LikeLiked by 1 person
Vreemd dat jy as Afr juffrou nie dadelik dinge dadelik raakgesien het nie. Jy dink dalk te ingewikkeld.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek het te eng gedink, het lank gelag omdat ek die woord nie herken het nie. Dink dit is omdat ek die lettergreep op die verkeerde plek gebreek het.
LikeLike
Dis hoekom ek sê jy het dit moeiliker gemaak vir jouself.
LikeLiked by 1 person
Dit gebeur met my ook 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly om dit te hoor, Anne, ek dog ek raak heeltemal koekoes. Maar gits, man, ek het heerlik gelag vir my fout.
LikeLike