Kleinseun kan nie blomme weerstaan nie. Ek het al vertel dat hy langs die pad by struike stop en pluk. Mooi luister as ek sê net enetjie.
En nou staan my clivias in blom. En hy kan dit nie weerstaan nie. Daar was eers net een met sy baie blommetjies. En toe wil hy almal afpuk. In die huis moes ek houertjie gee met water, dit moet water kry, ouma.
Oupa was nie so gelukkig daaroor nie, maar ek het hom oortuig daar was in elk geval net een wat geblom het. Hy soek die blomme in die tuin.
Die volgende week het al die ander blomme, en ek het baie clivias. So sê ek hy mag by elke blom net een blommetjie puk. So sal oupa se tuin steeds vol blomme wees. En seun ook baie tevrede, sy blomme staan op ouma se kombuistafel.
As hy instap kyk hy na die vorige week se blompotjie, dan moet ek uitgooi dat ons nuwe potjie vol blomme kan maak. Ek hoop die clivias gaan baie lank blom, ek hou van my oranje blomme in my oranje kombuis.
Maar, selfs as was die kombuis blou of pienk, is die blomme wat ‘n week lank in die potjie staan my spesiale herinneringe aan my blommekind kleinseuntjie.
Ek probeer oupa laat verstaann dat my ‘gentleman’. blomme sag hanteer. En juis daarom mag hy dit pluk.
Verlede week sien hy die enigste varkoor in my tuin. En toe ek weer sien kom hy met dit gepluk. En ouma, kyk die varkoor. Ek was so beïndruk dat ek nie ongelukkig was omdat die varkoor gepluk is nie. Hierdie week is een in sy plek, mooi en groot en wit. Wagtend vir kleinseun om dit te kom pluk.
Hy wou ‘n rooi roos uit my verjaarsdagruiker van oupa vat. Ek het ja gesē, oupa was ontevrede. Daardie roos is saam toe ons gaan uiteet, weet jy hoe oulik het die mannetjie gelyk met die langsteelroos in sy hand?
Ek is so lief vir die ou blommekleinkindjie van my.
Ek het die clivias in die winter uitgedun en op ander plekke geplant. Ek kan nie glo dat dit hulle nie gepla het nie, hulle is pragtig.

Terloops, twee van die clivias se blomme het ‘n baie sterk wit randjie, die ander is algeheel oranje. Kyk hoe lekker sit Bekka by die blomme, hulle is weer geskeer. Eerste keer nadat Shilo weg is, was so hartseer om net twee te gaan aflaai …
Jou clivias lyk baie mooi! Onthou dat varkoor blomme giftig kan wees vir mense en diere: https://www.pawsdogdaycare.com/toxic-and-non-toxic-plants/arum-lily
LikeLiked by 1 person
O vrek, ek het nie geweet nie. Sal bietjie oplees, hy eet darem nie daaraan nie.
LikeLiked by 1 person
Jy is gelukkig om hierdie jaar sommer na dit herplant is so baie blomme van clivia te kan hê. Eks ook mal oor hulle. Hul aard nogal hier ook.
LikeLiked by 1 person
Ek sien hulle oral in die estate as ek gaan stap. Maar, ek dink ek het die meeste,
LikeLiked by 1 person