Ek hoor vanaand dat Indië moontlik beplan om sy naam na Bharat te verander. Blykbaar afkomstig uit ou hindu geskrifte.
Die naam beteken blykbaar afstammelinge van koning Bharat, ‘n Indiese legende. Dit laat my verstom, ek weet van meer lande wat nou ook ewe skielik konings gehad het. Maar dit daar gelaat …
Die naam Bharat word blykbaar in amptelike dokumente gebruik saam met Indië. Hulle wil berander, want Indiē herinner aan die 200 jaar wat dit onder Engeland se heerskappy was. Indië het reeds in 1947 onafhanklik geraak – wat impliseer dat die nuwe skuiwe en behoefte aan ‘n nuwe naam bykans 80 jaar later eers ‘n behoefte geraak het.
Ek is nuuskierig oor hoe hulle die I in BRICS gaan vervang as die I nie meer ‘n I wil wees nie, maar ‘n B. Maak natuurlik sin as hulle Brazilië sou dwing om sy naam te verander dat dit met ‘n I begin aangesien Indië darem baie groter is – of eerder baie meer mense het en dus seker die eerste letter van BRICS wil wees? Maar ek spot lekker tong in die kies, hulle het nog nie so ver gedink nie – iets wat my sterk aan die leiers van ons eie land herinner wanneer hulle so name verander.
In die proses is hulle ook besig om bewyse van Engelse heerskappy te verwyder. Interessante verwikkelinge, veral omdat ek al meer hoor hoe na my eie land as Mzanzi verwys word. Dieselfde argument – wat ek tong in die kies gebied het, geld vir Suid-Afrika, wat as Mzanzi nie meer die S in BRICS sal verteenwoordig nie. Aangesien daar nie ‘n M is nie, sal dit seker maar deel word van die plus van BRICS Plus.
As die Russe en Sjina en Brazilië hulle kaarte mooi speel, verander dit seker na BRC Plus – om aan hulle die meeste erkenning te gee …
Dit pla my nogal baie, ek gaan nie daarmee saamstem as ons land ook sy naam wil verander nie.
Suid-Afrika verwys na plek in Afrika waar dit geleë is, dit het niks met enige iets anders te doen nie. Nou wonder ek wat Indië beteken …
Pleks dat die lande ophou geld mors met naamsveranderinge en iets aan hulle mense se lewensomstandighede doen met die held wat so verkwis word. Selfs ander lande moet kaarte en goete verander om by hormoonskommelinge aan te pas.
Soms wil ek saamstem dat ons land se naam moet verander, dit vergelyk nie eens meer met wat dit was nie. Alles gaan agteruit, ons leen oral geld en kan dit nie meer terugbetaal nie. Dalk is dit nie meer die naam werd nie? Dalk moet dit verander om die agteruitgang mis te kyk.
Sug, ja-nee, hoe meer dae hoe meer dinge en hoe minder weet mense.
LikeLiked by 2 people
Ons gaan een van die dae oor moet leer waar plekke is – of sommer net van hulle vergeet. Ek sal nogal maklik van Indië kan vergeet …
LikeLiked by 1 person
Ag, die naamsveranderinge! Een ding is seker … deur ‘n dorp/stad (of dan ‘n land) se naam te verander, maak nie skielik dat daar beter diens gelewer word nie …ek verwys natuurlik nou hier na ons eie land. Ek sal my Aardrykskunde van matriek 1990 moet oorskryf, want ek weet lankal nie meer waar al die dorpe is waarvan daar op die radio gepraat word nie!
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan, en ek het die vak op skool aangebied. Ergste is, ek gee ook nie eens meer om nie …
LikeLiked by 1 person
A rose by any other name smells as sweet – Shakespeare’s Romeo and Juliet
LikeLiked by 1 person
Jy laat my nou glimlag, dalk het die mense nodig om Brittanje te vergeet? Ek het geen idee of hulle onderdruk was nie.
LikeLiked by 1 person