Ek is besig met die kritiese leeswerk van ‘n M-verhandeling, en my PhD student se tesis.
Beide het ek op my iMac gedoen, maar die ongure Microsoft het besluit my rekenaar is oud – en ek kan nie meer die toeps op hom laai nie. Dit is nou nadat dit gehang het en ek dit uit moedeloosheid afgehaal het om oor te laai.
Nuwe rekenaar gaan ek nie nou koop nie, al gee iStore my R15 000 vir myne. Ek moet steeds iets soos R30 000 inbetaal. So werk ek nou heerlik met Apple se Pages, en dan skuif ek my navorsing net oor na skootrekenaar vir finale afronding. Veral omdat Pages nie met Mendeley – my bronnelysbestuurder – werk nie.
Dit kan ek nie met die twee studente se werk doen nie – hulle werk word mooi opgefoeter as ek dit na Pages skuif, word te veel tegniese detail wat opgefoeter word.
Vrydagoggend staan ek drie-uur op om te werk. En teen agtuur is ek moeg, ook weens toe sinusse. Ek het in eetkamer gaan werk, my rekenaar se lig kan liefie pla wat steeds slaap – of probeer slaap.
Rekenaar het ook gekla dit soek krag (vir my …)
Toe ek die rekenaar op my lessenaar wil neersit, gly dit effens af en met die keer, is dit te swaar vir my pols om te beheer. En val die skootrekenaar die afstand grond toe met een massiewe slag.
Toe ek hom aanskakel, is daar geen reaksie nie.
Ek besluit die battery is net pap, maar na lang laai reageer dit steeds nie.
By nadere ondersoek sien ek dat die skerm effens uit sy kassie gepop het.
Manlief bied aan om oop te maak en te kyk, hy sien geen los drade nie. Maar, nadat hy skerm uitgedruk het en weer teruggesit het, sien hy dat rekenaar wel aangaan, sy liggies onder die sleutelbord werk mooi.
Die aand vertel ek vir seun en hy maak oop. Sien een los konneksie, werk daaraan en my rekenaar werk weer perfek.
Intussen het ek die oggend teen die spoed van weerlig gewerk en die student se h1-4 oor gedoen – baie, baie werk verniet oorgedoen. Vanoggend het ek hoofstukke 5 en 6 gedoen en ek sal later vandag klaarmaak. Hopenlik.
Dit hou my nogal besig, maar ek geniet dit.
Ek dink ek gaan egter ophou daarmee, ek weet nie of ek verder kans sien nie. Dit vat heeltemal te veel van my tyd – en my oë sukkel in die laaste tyd.
Ek vermoed ek het een nuwe vereiste/voorwaarde – ek sal lees, maar in Afrikaans.
Ek was baie gelukkig – die rekenaar was toegevou, dus is die skade gering.
Ek het egter geweldig groot geskrik. Daar is werk op wat nie vervang kan word nie. Ek moet op stokkies oorsit en so stoor. Net vir ingeval.
En nou hou sy battery nie. Vanaf 17 ure af na minder as 3 voor ek weer moet laai.
Nuwe Windows-skootrekenaar gaan ek ook nie koop nie. Dus moet ek met die nuwe verwikkelinge saamleef. So maak ek darem seker dat ek meer gereeld opstaan en bene rek.
Wen-wen?
Dis nou ‘n hele rietmarole om so te werk en dan nog groot te skrik met die val van rekenaar. Jy sal beslis maar moet backup op ‘n stiffie.
LikeLiked by 1 person
Jong, ek het altyd, maar, mens raak lekker mak. My belangrikste doks stoor ek op Apple se aanlynstoorplek, net vir ingeval. Veral omdat ek so tussen my iPad en rekenaar kan oorskakel.
LikeLike
Is so, tot dit te laat is, wil nie eers daaraan dink nie. Iets anders. Is jy tevrede met Apple? Is hul beter as Android?
LikeLiked by 1 person
Ek sal nooit na Android skuif njie, my Android is bloot omdat ek ‘n Windows rekenaar op ‘n tyd nodig gehad het. Apple se produkte werk saam, mens sukkel nooit tussen jou foon, tablet, oorfone of rekenaar nie. Jy koop een keer en alles word dadelik op al jou ander toestelle geplaas – sonder enige probleme. Apple het baie streng vereistes oor toeps, en verwyder toeps wat jou data te veel gebruik sonder om twee keer te dink. As ek ontevrede met ‘n aankoop is, is die geld sonder probleme terug in my bank. As ek sukkel, kan ek met hulle kontak maak en hulle help. Tans is Apple rekenaars nie regtig meer baie duurder as ander nie. My rekenaar is nou 10 jaar oud en lyk steeds splinternuut want die gradeer gereeld na die nuutste op. As ek dus in ‘n winkel by die nuwes staan, lyk myne ook nuut. Windows gee geweldige probleme met opgraderings – en soms raak my goed sommer weg.
LikeLike
Bie dankie nou weet ek dis die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis die moeite werd. My iPhone is in 2019 gekoop en voel vier jaar later steeds splinternuut omdat dit die hele tyd opgradeer. Die belangrikste is dat Apple op alle klagtes reageer en regstel as ek ongelukkig is.
LikeLiked by 1 person
O ja, en as die krag afgaan, is my goed gestoor tot op die laaste minuut as ek met Paper in plaas van Word werk
LikeLike
Aha, nog ‘n goeie pluspunt.
LikeLiked by 1 person
My laptop is nou so oud dat ek al ‘n nuwe sleutelbord ingesit het. Omdat die battery net vir drie ure kan hou is dit altyd ‘plugged in’ op my lessenaar (ek kan net nie die Afrikaanse woorde vandag kry nie 🙂 ) tensy ek iewers anders wil werk.
LikeLiked by 1 person
Ai Anne, myne is ook altyd ingeprop, net vir ingeval. Maar, as ek wou, kon ek dit wegneem rivier toe en die hela dag sonder krag werk. Ek sal weer laat oopmaak, dalk is daar nog ‘n los draadjie? Ek is nie lus om weer so baie vir ‘n rekenaar te betaal nie – dalk volgende jaar November met my navorsingsgeld as ek sien ek sukkel.
LikeLiked by 1 person
Gaats, dis mos groot skrik as ‘n rekenaar so grond toe tuimel! Bly alles werk nog (al is die krag nou so min, of minder, as Eskom sin)!
LikeLiked by 1 person
Ag vriendin, laat jy my nou sommer lekker lag. Minder as Eskom s’n gewis.
LikeLiked by 1 person
Dis mis skade as n rekenaar Val en veral nie so lank kan werk nie! Myne net so oud en eks gelukkig as ek n half uur sonder krag kan werk! 🙄
LikeLiked by 1 person
Ai vriendin, en rekenaars het so duur geword, veral as ek spesifieke vereistes oor die sleutelbord het
LikeLiked by 1 person