Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

Tweede artikel vir 2023 gepubliseer: ChatGPT

Hierdie jaar beweeg teen ‘n slakkepas wat my artikels betref, maar die tweede een is darem gepubliseer.

Die artikel handel oor ChatGPT, die slim kletsbot wat OpenAI in November 2023 aanlyn beskikbaar gestel het.

In die artikel het ek spesifiek gekyk hoe dit in die Geografie vakdidaktiek klaskamer gebruik en misbruik kan word.

Dit is noodsaaklik om te weet hoe dit misbruik kan word aangesien studente dit kan gebruik om hulle werkopdragte se vrae namens hulle te doen – en hulle moeilik of selfs glad nie uitgevang sal word nie …

ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk

So terloops, ChatGPT se Afrikaans is goed ….

***

Gesels gerus sam, gebruik my hierdie kletsbot?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

3 gedagtes oor “Tweede artikel vir 2023 gepubliseer: ChatGPT

  1. Geluk met die publikasie van jou artikel Christa. Ek het nou vinnig daardeur gelees (maar sal later, wanneer my huiswerk gedoen is, weer kom lees). Om jou vraag te beantwoord … nee, ek het nog nooit gebruik gemaak van die kletsbot nie. Daar’s nie regtig ‘n rede hoekom ek wel hiervan hoef gebruik te maak nie … en hoe minder AI van my weet, hoe beter 😊.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.