Ons het verlede Sondag saam gepotjie by die kerk, die eerste keer in twee jaar wat ons lid van die gemeente is. En ek is vies …
Voordat ek verder vertel, wil ek net noem dat ek nie emosioneel-onvolwasse is nie, maar eerder dat ek my gevoelens hier neerpen om later objektief daarna te kan terugkyk.
Kleinseun deel nie graag sy kossies nie, maar soms doen hy. Soos met die springmielies wat hy gekry het. So loop hy met sy pakkie deur die hele speelgrond en gaan staan by elke oom en tannie, seuntjie en dogtertjie, ouma en oupa.
Haal een popcorn uit die sakkie en bied met die mooiste kykie aan. Hallo, oom, hallo tannie, hier is vir jou ‘n popcorn.
Sommiges sē net nee dankie en hy is tevrede en stap aan. Na die volgende een wat moet kry. As daar nuwe mense aankom, is hy op en gaan gee vir hulle ook. En kom terug met die grootste glimlag – hy het vir almal gegee.
So kyk ek toe hoe meneer snob en sy vrou aangestap kom. Dogterjie sy ouderdom, seuntjie in die arms. Hy is iewers vanjaar gedoop. Hy is weer op en stop voor die oom, haal een popcorn uit en die man se reaksie skok my uit my skoene:
Hy gee kleinseun een vuil kyk, pluk sy hande op en druk dit in sy broeksakke, so asof kleinseun dit daar in sy sakke sou kon of wou druk. Vat die dogtertjie aan die arm en daar gaat hy, die ene onweerswolk op sy gesig.
Verby my, wat hom bekyk en te lig vind. Soos wat ek al lankal in die kerk gedoen het. Hy stap baie keer verby ons in die kerk, sonder om te groet as hy oogkontak maak. Selfs as ek uit verleentheid eerste groet omdat dit verkeerd voel om nie te groet nie.
Sondag stap hy weer in, dikbek omdat iemand op sy stoel sit en gaan sit reg voor in die kerk. Reg onder dominee se neus. Reg in my pad as ek opkyk na die preekstoel.
En ek is dankbaar, my seun, dogter en skoonkinders is nie so nie.
Ons almal sal die popcorn vat, nie om te eet nie, maar omdat ons sy mededeelsaamheid beloon met ‘n baie dankie, dit is so mooi van jou om te deel.
En nee, ek wil nie hoor dat dit vuil kan wees nie. Ek het nie gesê vat en sit in mond nie. Ek het gesê vat die aangebode item van ‘n ou baie klein seuntjie.
Oupa leer hom toe om die pakkie te hou dat mense self kan vat. En ouma se hart spring amper uit haar bors. Hy is nog nie reg om dit te hanteer as daardie een sy pakkie leegmaak, of nog erger, die inhoud laat uitval nie.
Ek verkies nog dat hy self uithaal, self gee, self besluit watter een om te gee.
Ek geniet die vordering van die kind.
En dit is juis daarom dat ek baie ontevrede was die ander dag toe ek van die huil by die skool vertel het. Ek ken hom nie as ‘n boelie nie, en ek wil weet of hy onderlangs geboelie word en dan terugbaklei …
Dit gebeur nooit as hy ure lank saam met vreemde maatjies speel nie. En … ek het al gesien hoe hy geboelie word. Hy moet weet dat hy met my kan praat as hy geboelie word.
So eenvoudig soos dit.
So n ou bullebak. Hy weet niks van kinders se koppe af nie.
LikeLiked by 1 person
Ag Seegogga, ek stem so saam! Is dit waarom dit my so ontevrede maak? Dot terwyl hy baba op arm dra en dogtertjie het?
LikeLike
Ag nee, die man is mos nou sommer aspris! Kom ons stel dit gou in perspektief: My man vat nie sommer kos/eetgoed by iemand anders nie. So, vir ‘n volwassene sal hy nog ‘nee dankie’ sê, maar as ‘n klein kindjie met daai taai vingertjies ‘n lekkertjie gee, vat hy dit altyd (al sal hy dit dalk daarna vinnig in my hand druk 😄) … bloot omdat hy glo ‘n mens beloon sodoende ‘n kleintjie omdat hulle van vroeg af leer om mededeelsaam te wees. Nee wat Christa, kyk maar hierdie een se kop – hy’s nie jou gedagtes werd nie!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, ek skryf maar my gedagtes so neer vir verstaan waarom ek voel soos ek voel as groot mense so ongeskik met kleintjies is. Natuurlik wonder ek ook oor sy menswees, skynheil9g voor in kerk en vergeet daarvan sodra hy uitstap?
LikeLike
Hy kon darem wraggies net Nee dankie met ‘n glimlag gesê het, wat is verkeerd met die man?
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook
LikeLiked by 1 person