Hierdie jaar beweeg teen ‘n slakkepas wat my artikels betref, maar die tweede een is darem gepubliseer.
Die artikel handel oor ChatGPT, die slim kletsbot wat OpenAI in November 2023 aanlyn beskikbaar gestel het.
In die artikel het ek spesifiek gekyk hoe dit in die Geografie vakdidaktiek klaskamer gebruik en misbruik kan word.
Dit is noodsaaklik om te weet hoe dit misbruik kan word aangesien studente dit kan gebruik om hulle werkopdragte se vrae namens hulle te doen – en hulle moeilik of selfs glad nie uitgevang sal word nie …
ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk
So terloops, ChatGPT se Afrikaans is goed ….
***
Gesels gerus sam, gebruik my hierdie kletsbot?
Geluk met die publikasie van jou artikel Christa. Ek het nou vinnig daardeur gelees (maar sal later, wanneer my huiswerk gedoen is, weer kom lees). Om jou vraag te beantwoord … nee, ek het nog nooit gebruik gemaak van die kletsbot nie. Daar’s nie regtig ‘n rede hoekom ek wel hiervan hoef gebruik te maak nie … en hoe minder AI van my weet, hoe beter 😊.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan. Hierdie ene hou net van skryf …
LikeLiked by 1 person
Selfde hier!
LikeLiked by 1 person