Ek het verlede week vertel van kleinkind wat my ouma (x7) en dat ek hom teruggeterg het deur sy naampie so na mekaar te noem.
Toe het hy hom opgeruk en vir my met een vingertjie in die lug gesê: “Net een keer, ouma.”
Wel die kind het ‘n emosionele intelligensie veel hoēr as myne. Ek wonder gereeld oor hoe hoog myne is … Of ek een het as ek so met hom speel.
Toe ek hom gister weer naampie (x7), kyk hy nie op nie. En toe ek die naam dringender noem, kry ek die oulikste ogies, innemende kyk en wag hy tot ek klaar is.
Om my met een woord te:
“Ja?”
Afwagtend op wat ek verder wil sê.
Dit was so oulik, dat ek werklik vergeet het wat ek wou sê. En toe lag ek en hy alte lekker daaroor. Want ouma weet nie wat sy wou sê nie!
Sy geniet die oomblik heeltemal te veel om te onthou wat ek wou sê.
Ek het, nadat ek jou 7x ouma storie gelees het, onthou dat my een vriendin se dogtertjie ook toe sy klein was ons name so baie agtermekaar genoem het (ek kan nou nie onthou of dit 7x was nie 🙂). As ons haar in die helfte van die relaas in die rede geval het, het sy ons so ewe onskuldig aangekyk en gesê: “Nee, julle moet wag tot ek klaar is, want ek dink nog wat ek wil sê”.
Dis lekker om so pret met jou kleinkind te hê … heerlike herinneringe wat julle opbou.
LikeLiked by 2 people
O my jitte, dit is seker wat hy ook doen! Dié dat hy rustig wag fat ek klaar herhaal!
LikeLiked by 1 person
Hy is te kostelik!
LikeLiked by 2 people
Ek kan die kind opeet.
LikeLike
Kan dit dink.
LikeLike
😀😀 interessant dat hy eers so bly afkyk het. Slim!
LikeLiked by 1 person
Jong, hy is te slim vir sy grootte, dink ekke.
LikeLiked by 1 person