Jetpack probeer hard om mense te kry om te skryf, daarom plaas dit daagliks ‘n por vir ‘n skryfstuk.
So al asof ons ChatGPT is wat binne sekondes so ‘n skryfstuk kan skryf. Of natuurlik, asof ons basies verplig kan word om op die por te reageer.
Aangesien diefstal van persoonlike inligting ‘n realiteit is, en byname dikwels gebruik word om persoonlike inligting te beskerm, dink ek dit is onverantwoordelik om die storie agter jou bynaam op versoek van ‘n maatskappy te bespreek. So kan diewe by hulle datastore sommer baie mense se byname … en die stories daaragter … steel om amok te maak.
Maar, ek gaan tog so bietjie oor byname gesels.
Manlief se bynaam is Doons, iets wat sommer met ons eerste ontmoeting probleme veroorsaak het. Ek het verkeerd gehoor sy naam is Koos, en hom so die volgende dag aan my vriendinne voorgestel toe hy my vir ‘n eerste “date” by Madelief-koshuis gaan oplaai het. Hy het daar en dan reggehelp dat sy naam Doons is, en ek het op pad na sy ma verdeuidelik dat dit nie my naam vir hom gaan wees nie. My vriendinne se rekasie was baie sleg vir my.
So het ons besluit dat hy dan Martiens sal wees, anders as wat die Thinus wat hy die eerste ruk op skool genoem is. Dit het natuurlik konsternasie veroorsaak omdat my ouers nie van Doons geweet het nie. So bel sy hoof my pa om vir hom te sê dat Doons die naweek ‘n wedstryd moet gaan speel – en my pa antwoord dat hy nie so iemand ken nie. Toe die man aandring dat Doons by sy dogter kuier, het my pa hom ingelig dat ‘n man met so ‘n naam nie by sy dogter sal kuier nie. Wel, hy het …
Dit is egter ‘n hoof se vrou wat my man laat besluit het dat hy Martiens sal wees, ook in sy werkslewe, want sy het gedink dit is vreeslik snaaks as sy die N moedswillig uitlaat in haar swaar Engelse aksent. Toe eers het manlief vesrtaan dat dit nie net my simpel koshuisvriendinne was wat sulke goed met sy bynaam aanvang nie.
Die myners het seun probeer 1/2 inch omdat ek vir hom ‘n rugbytrui soos sy pa s’n gebrei het – met ‘n 1/2 agter op. Hy was bitter klein, beslis nie ouer as 3 nie. Ek het hom geleer hy antworod nie op daardie naam nie, en toe een van die rowwe ouens hom optel en in sy gesig vir hom 1/2 inch, het hy die man aangevat met: “Ek skeur jou klere, dit is nie my naam nie.”
Ek het my alie afgeskrik. Ek was bangerig vir die man, wat sy humeur nogal kon verloor op die veld. Iewers later jare het sy vrou hom in die oog geskiet toe hy laatnag goedgekuier by die huis aankom en sy dink dat dit ‘n inbreker is. Hy het neergesit en verras na my knapie gekyk wat hom ewe kordaat aangevat het. Seun het nie ‘n bynaam gekry nie – hy het sy voet neergesit.
“n Outjie op skool het vir my ‘n liefdesbriefie geskryf waarin hy my sy skaapribbetjie genoem het. Aangesien ek ‘n groot probleem met skape gehad het omdat hulle nie soggens op my pa se teok wou klim nie, was dit net een te veel. Die briefie het in my koshuiskas se raam geland, waar my opvolger dit ontdek het. Toe sy dit vir my wou hee, het ek gemaak of ek niks daarvan weet nie. En het sy vorige kaseienaars peobeer opspoor. Ek is niemand se skaapribbetjie – of enige dele van ‘n skaap nie. My pa se skape het my geleer dat daar niks dommer as ‘n skaap kan wees nie …
Iedergeval, ek het nie ‘n bynaam nie. Net ‘n verkorte naam van my eerste geboortenaam af. ‘n Naam wat veroorsaak het dat ek tot baie onlangs nie van my geboortenake gehou het nie. Outyds verby.
En nou lief ek my geboortename. Beide …
Aan byname kan ek nie ‘n vat kry nie, ek verkies my eie name, waarvan ek al klaar ‘n oorvloed het …
Ek het ook nie ‘n bynaam nie!
LikeLiked by 1 person
Ek verbeel my my ouers was teen byname
LikeLike
Kan wees!
LikeLiked by 1 person
Mense moet mooi dink as hulle vir kinders name uitdeel. Dit is nie ‘n grap om met ‘n onvleiende naam deur die lewe te gaan nie. Ek sê vir almal wat wil fokus dat ek niks van my name en noemnaam hou nie. Ek is te veel op skool daaroor gespot. Maar ja, tradisies en kultuur het by baie mense voorkeur gekry nè!
LikeLiked by 1 person
Is so, maar op die oomblik lief ek my outydse name
LikeLike
Ek is seker joune is mooier as myne! 😀
LikeLiked by 1 person
LOl, nou lag ek lekker. Susanna?
LikeLike
Mmm! 😀😀
LikeLiked by 1 person
Regtig, my sussa se een naam. Ek hou daarvan
LikeLiked by 1 person
Ek het in Namakwaland groot geword … waar byname so normaal soos asem haal is. Maar interessant het nie ek of Berto byname nie. Ons het wel, tussen ons twee, ses name! Ek het ook deur ‘n stadium gegaan waar ek nie mal was oor my doopname nie, maar vandag is dit vir my mooi en sal ek nie skroom om dit vir vriende te noem nie.
LikeLiked by 1 person
Ek voel net so. Ons twee het ook name vir mekaar! Oeps
LikeLiked by 1 person
Ek is gedoop met my ouma se name maar my pa was bang die familie kort dit af, en toe noem hy my Ria. Ek is egter my hele skoolloopbaan deur op my doopnaam, terwyl familie en vriende my Ria noem. As ek dus nou in geheim wil kommunikeer, gebruik ek my doopnaam…….
LikeLiked by 1 person
Lol, dit is ‘n goeie idee, mits hulle nie saam met jou op skool was nie. So, was dit Maria?
LikeLiked by 1 person
Ek het ver weggetrek uit my “skool” dorp en bitter min kontak met skool vriende. Die Ria kom van Maria maar dit was nie die skoolnaam nie🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Lol, dan is dit seker iets soos Susanna Maria?
LikeLiked by 1 person
Man…ek kan nou seker sê maar dan maak dit my makliker herkenbaar as ek “stalking ” doen, maar jy is amper reg!
LikeLiked by 1 person
Ek spot vreeslik, jy moet geheim hou.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ek net een naam en almal noem my dit want ek het nie ‘n bynaam nie. My ma noem my soms Netta en een van my engelse vriende noem my Ants (soos in miere)
LikeLiked by 1 person
Ag oulik. Laat my dink aan my hokkieseuns wat my dogter Onion genoem het, na aan haar naam, maar ook wild verwyderd. Ek het jounas Positief leer ken. Hoe gaan dit?
LikeLike