Ek was Maandag0ggend skoon jaloers toe manlief laat weet dit sneeu by sy kantoor aan die Wes-Rand. Dit is mos onregverdig, is dit nie? Hy sit met sy rug na die venster, kan nie eens ‘n foto neem nie …
Ek was skoon vies toe hy ‘n foto stuur waarop mens niks kan sien nie.
Toe vra ek maar in my FB groep, RSA Onderwysers vir foto’s, en kry die pragtigste een van Ellispark. Dik gesneeu, die laag lê dik oor die gras. En moenie bekommerd wees nie, die gras sal groen wees. Dit weet ek uit Kazakhstan se dae. Plante lewe onder die sneeu.
Iedergeval, snaaks dat ek so na sneeu verlang. Of dalk nie? Ons het in die 18 maande wat ons in Kazqkhstan gebly het, van begin Maart 2019 tot einde Mei 2019 en weer van begin Oktober 2019 tot einde Mei 2020 in ‘n sneeulandskap gelewe.
Dit was wondermooi as dit gesneeu het, en die landskap was maande lank onder ‘n spierwit kombers toegevou. Om dadelik groen te wees as die sneeu smelt, dit het genoeg water en stikstof gekry. Kon ook nie anders nie, blomme moes tussen Mei en Oktober opkom, blom en weer vergaan onder die sneeukombers wat daarna maande lank oor die landskap sou lê. Die Kazakhs hou van tuine, blomme word net weer geplant.
Mis ek dit?
Ek mis die val van die sneeu, die yskoue water wat teen my nek afdrup as my kappie die sneeu laat smelt het mis ek dalk minder.
Ek mis die mooi van die sneeu, maar ek sukkel nog met my vingers nadat ek ligte vriesbrand opgedoen het toe ek 6 minute buite was vir foto’s. Moes my handskoene uittrek om ‘n vrieskoue foon vas te hou. Dus mis ek nie die koue wat saam met die sneeu gegaan het nie.
En ja, ek sou wat wou gee om Maandag op Ellispark in die sneeu te staan en lyk hoe dit om my wit word. Want, ek het, na Kazakhstan, die regte klere daarvoor.
Skoene? ☃️
Jas? ☃️
Klere ☃️
Veral die klere. Ek het geleer om in lagies aan te trek om warm te bly.
As dit by jou gesneeu het, hoop ek jy het dit baie geniet.
En aan my gedink.
Hier is paar foto’s wat ek al gedeel het oor die sneeulandskap van Kazakhstan.

Daai fietsagtige bril het my oë beskerm, my oogballe het gevoel soos iets wat uit ‘n yskas gekom het. Op die tweede foto was ons in Maart 2019 by die Canyon, en die ysreën het my hard gepiets. Ek was gek oor beide jasse. Derde foto wys sneeuvlokkies op my badjie en laaste een help mens om te verstaan waarom karre vir voetgangers MOET stop. Met daardie gedoente van ‘n kappie kon ek nie regs/links/regs kyk nie … Hulle ry mos aan die “verkeerde” kant van die pad .. Beide jasse is al hier in Suid-Afrika gedra.
Hooffoto: Sypaadjie vanaf die rivier na ons woonstel in Ust, soort van oorkant die winkelsentrum wat gebou is tydens ons verblyf en wat toe maande lank ongebruik moes staan tydens die “pandemie”.
Ek sien ‘n Amerikaanse regter het ‘n baie insiggewende uitslag gelewer, oor sosiale media en reg tot vrye spraak. Maar veral hoe Big Pharma daarby gebaat het …
Dit was vir jou lekker tye, Christa, ek onthou dit uit jou skrywes.🤗
LikeLiked by 1 person
Dit was, sommer baie. Wonder hoeveel meer ek jou lewe vir twee jaar sou geniet. Son en warm see …
LikeLiked by 1 person
Glimlag ek nou vir jou.😉
LikeLiked by 1 person
Natuurlik onder selfde omstandighede as in Kaz. Met genoeg geld om nie bekommerd te wees nie.
LikeLiked by 1 person
Die hoof foto met die Sneeu is so mooi. Ek het nog net een keer sneeu belewe en sou dit weer wil doen.
LikeLiked by 1 person
Dankie, en dit is hoe die sneeu maande lank gelyk het. Spierwit. Glinster wit.
LikeLike
Ongelooflik 😍
LikeLike
Dit was jou skrywes oor Kazak wat my aangepor het om jou te volg. Ek het nooit toe gedink ek sal ook sneeu in lewende lywe ervaar nie so die sneeu maandag het my vreeslik laat verlang na Skotland. Ek het letterlik n dag na ek daar aangekom het, die sneeu beleef.
LikeLiked by 1 person
Ai vriendin, jy verstaan. Mens weet dit is koud, maar verlang na daardie witter as wit sal altyd by my wees as ek van sneeu hoor.
LikeLiked by 1 person
Jip…stem
LikeLiked by 1 person
Ek kan sien jy’t die regte klere vir sneeu (en koud kry)! Dit het ook verlede naweek in Hogsback gesneeu … drie weke na ons besoek daar. So, ek het nog nie sneeu ervaar nie. Maar o wee, ek hou nie van koud kry nie – ek’s ‘n kind vir die son!
LikeLiked by 1 person
Ek het gesien en jy was dadelik in my gedagtes🌟
LikeLiked by 1 person
Ons was die naweek voor daardie Maandag Clarens toe om moontlik sneeu te sien, maar verniet. Sondag terug sonder sneeu sien. Maandag kom ek by die kantoor en wraggoes sneeu dit… was groot lekkerte, ek het tot n snow angel kon maak.
LikeLiked by 1 person
Ag lekker! Wk kan net dink
LikeLike