Hierdie blog artikel verskil van my vorige artikels – dit vorm deel van ‘n storie wat die Goue Vroue gesamentlik skryf.
Die Goue Vroue is ’n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Klik op die volgende skakel as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang, want, jy sal die vorige hoofstukke eers moet lees om hierdie een te verstaan …
https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711
***
Papsopnat … en in daardie tyd se terme amper naak … staan die Goue Vroue op die hawe en kyk na die seerowerskip wat stadig in die water afsak, sy puntige voorkant hoog in die lug gedruk terwyl sy stert vinniger water insuig en vinniger sak.
Seerowers hang soos vlermuise aan toue wat hulle oor die reling van die skip gegooi het om die skip te verlaat voordat hulle daarmee saam in die diepdonkertes van die see verdwyn.
Die kaptein staan egter soos Kate Blanchet eeue na hom sou doen, voor op die skip waar hy al hoër rys. Sy hande uitgestrek, asof hy die skip wil beskerm. Hy sal saam met sy skip onder die water verdwyn, saam vergaan. Vir die Kaapse regstelsel sien hy nie kans nie.
Christa staan sopnat op die hawe en bekyk die man. Iets voel bekend aan die lang gestalte, sy lang donker hare wat woes in die wind waai. ‘n Beeld van ‘n man. Wat het in sy lewe verkeerd gegaan dat hy die roete gekies het eerder as om ‘n eerbare man te wees?
Dan vra sy ‘n verkyker, gee ‘n verskrikte gil en vlieg, nog voor iemand kan keer, terug in die water in. Sy is moeg en sukkel-swem terwyl sy voortveg om die skip te bereik.
Sy moet hom gaan red …
Die kaptein gaap haar aan, gryp sy verkyker en herken haar. Dit is die vrou wat veroorsaak het dat hy ‘n seerowerskip gebuit het. Hy moes haar opspoor, en dit was al manier waarop hy elke skip op die oop see kon deursoek om haar te vind.
Hy skree dat sy moet padgee, die skip gaan haar saam insuig wanneer dit sink omdat dit die effek van ‘n prop gaan hê wat uitgetrek word. Maar sy kan nie stop nie, sy moet hom red.
Hy vloek, spring oorboord en swem na haar toe. Skoon vergete van wat op hom wag as hy haar na die hawe terugneem.
Dit was juis tydens ‘n soektog op een van die skepe wat hy inligting gekry het dat sy haar dalk in die Kaap bevind. En daarom is hy hier in die hawe, met sy seerowerskip.
Hy het sy manne land ingestuur, ‘n beskrywing van haar in elkeeen se koppe ingeprent. Hulle moet haar kry en na sy skip bring.
Hy word kwaad terwyl hy so swem om haar te gaan red. Die sotte het ander vrouens gevang en op sy skip toegesluit. Daar was toe baie meer as een Goue Vrou, hoe moes hy geweet het?
Hy het net kans gekry om die een te ondervra, dink haar naam was Kameel. Vreemde naam het hy nog gedink. Sy het gesê dat daar geen Keste in die Kaap was nie.
Hy was so verpletter dat hy haar ‘n stukkie van hulle verhaal vertel het. Sy is een aand ontvoer. Hy het hoeveel keer gewaarsku dat dit onveilig was, sy kan nie in die hawe gaan stap nie. Maar, sy moes met haar honde gaan stap. Hy het haar hoor gil, maar was te laat om haar te red …
En nou was sy nie in in die Kaap nie.
Hy het ‘n paar minute gelede gereed gestaan om saam met sy skip te sink omdat sy weg is. hy weet nie meer waar om te soek nie …
En hier is sy nou in die water.
Hy swem vir ‘n vale, want die stroom trek al sterk skip se kant toe. Hy kan haar nie weer verloor nie …
Kameel se oë rek.
Christa … Keste … hoekom kon sy nie toe kliek dat hy gevra het of Christa in die Kaap is nie?
“Ons moet hom help om haar te red!” gil sy bo die lawaai op die hawe. “Hy is nie ‘n kroek nie …..”
Vinnig gooi die Goue Vroue toue na die twee in die see. Hy vang dit behendig en bind een om haar lyf toe hy by haar kom en een styf om sy eie lyf.
Toe sy in sy arms is, ruk die skok deur beide.
Christa gaan aan die bewe, want dit is nie die man wat sy gedink het nie. En hy staar geskok na haar, dit is nie sy eie Keste nie!
Hy probeer om die tou om sy lyf los te maak, maar die Goue Vroue is te sterk vir hom en trek hom en die vrou styf teenaan sy lyf tot teen die hawemuur. En dan help die mans om hulle na bo te trek.
Hy word egter nie aan die soldate uitgelewer nie, Kameel het reeds sy saak by Van Riebeeck gaan beveg. Hy het niks aan die ontvoerde vroue gedoen nie, hy het sy verloofde kom soek wat deur ‘n spul seerowers ontvoer is. En al uitweg was om sy eie seerowerskip te kry.
Agter hulle gee die see een groot sug toe die skip onder die water verdwyn. En spook ander skepe om van die maalkolk weg te kom om nie saam ingetrek te word nie.
Dan is die stilte hoorbaar as die see tot ruste kom, sy buit in sy binnestes versteek.
Hy staan in die middel van die groepie Goue Vroue wat singende om hom dans. Almal vir een en een vir almal.
Hy vind aanklank by hierdie klompie vroue. Veral omdat een, wat weier om vir hom te kyk, hom aan sy eie Keste herinner. Sy kyk hom nog baie wantrouig aan, al het Kameel verduidelik.
Siestog, sy het haar lewe gewaag omdat sy gedink het dat hy iemand anders was. Die Goue Vroue het weer hulle lewens gewaag toe hulle hom en haar ingekatrol het. Hulle is nie so sterk soos wat hulle voorgee om te wees nie. En hy is gered omdat Kameel sy storie geken het.
Hulle sing van Rebusfontein waar hulle moet gaan rus, die avontuur het hulle uitgeput. Hy bekyk hulle so en weet net hy het tuis gekom, sy Keste is weg, hy het dit aanvaar toe hy saam met die skip wou ondergaan.
Nou kan hy ‘n nuwe lewe begin, veral omdat een hom laat voel dat sy tog naby is.
Hy bied sy dienste aan, vanaand sal hy elkeen van die vroue se seer spiere vir hulle masseer. Mag hy?
Una, Toortsie, Aalsie, Appeltjie, Trommeltjies, Sonel, Positief, Woordnoot, Marlene en Scrapy stem dadelik in. Seegogga, Ekmyself en Lollasegroete is sommer ongeduldig, moet hulle nou laaste in die ry staan?
Virgo wil eers weet of hy die regte kruie daarvoor het, maar stem in toe hy sê sy kan help soek. Kameel sê dat dit onnodig is, sy het iemand anders ingedagte, maar dankie vir die aanbod. Haar oē glinster egter, as dinge nie uitwerk nie, is daar ‘n tweede kans.
Christa weier volstrek, sy vertrou hom nog glad nie. Buitendien, hy het haar gered en nie andersom nie. En dit sê sy sommer ook.
Hy knik plegtig en vra: “Sal jy dan asseblief my seer spiere vir my masseer?”
Sy ignoreer hom.
Frannie het nog nie ingestem nie, maar sy stem ook in. Sy skud haar kop laggend en vra: “Christa, wat is ons leuse nou weer?”
Die Goue Vroue val sommer weg, namens haar:
“Een vir almal” en hulle knik in Jacques (seerower) se rigting. “En almal vir een.”
Hoe kan sy daarteen stry? Sy sal maar net tot laaste wag, dan is hy dalkies net te moeg … en sy knik instemmend.
En dan waag hy: “Mag ek saamgaan na Rebusfontein toe?”
Dit vang die Goue Vroue onverhoeds ….
O goeiste, ñ man wat wil saamgaan Rebusfontein toe?
Knap gedaan, Christa, jy het omtrent ñ kinkel in die kabel losgeskryf.👏
LikeLiked by 3 people
Baie dankie, Una, ek was sommer lus om so iets te probeer omdat julle sulke oulike hoofstukke geskryf het. Waarom nie? ‘n Seerowerkaptein kan ons dalk net eendag red as ons dit nodig het. Maar … die vraag is nog nie beantwoord nie …
LikeLiked by 2 people
Well done! High five! Puik kinkel!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, ek het dit nogal geniet om dit te slryf.
LikeLike
Keste! Sjoe! Wat ‘n ongelooflike nuwe kinkel bring jy hier in! Manjefiek! Uitstekend! Sjoe! Jou storie is fantasties.
LikeLiked by 3 people
Ag dankie, Toortsie, ek waardeer dit opreg, veral omdat ek weet hoe goed jy skryf.
LikeLike
Sjoe! Nou waardeer ek weer jou woirde net soveel.
LikeLiked by 1 person
Jy weet hoe om mense aan te moedig …
LikeLike
Jy is dierbaar.
LikeLiked by 1 person
Jinne het ek nou lekker gelees. Julle Goues moenie die man te lank besig hou nie, ek is nou gulsig vir daai massering.
Dankie Christa hierdie is nou ‘n lekker kinkel.
LikeLiked by 2 people
Dankie, ek waardeer dit so baie. Ek het so lanklaas saamgeskryf dat ek amper kop uitgetrek het …
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly jy het nie en besluit om saam te skryf. 👌
LikeLiked by 1 person
Dankie, Lolla, ek waardeer dit regtig baie. Ek skryf akademiese goed, feite en argumente. Stories is vreemd vir my. Maar, as ek lees, lees ek net stories as ek kan kies.
LikeLiked by 1 person
Genade Christa, wat n heerlike kinkel in die kabel. Die arme man wat so sy geliefde moes afgee. Maar aan wie het die man jou laat dink? Is daar n storie aan?
LikeLiked by 2 people
Geen idee nie, ons sal maar vorentoe moet kyk of dit uitkom. Baie dankie, Adri
LikeLike
Ek wonder oor die “Keste” waarmee die Seerowerkaptein jou verwar het Christa en wie het jy gedink is hy, hmmmm? Ons het gedink Kameel is ons romantiese kinkel, nou wonder ek. Puik!!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Trommeltjies, ek het juis na aanleiding van joune aan ‘n romantiese kinkel gedink.
LikeLike
Party mense se harte het ‘n hele paar slae oorgeslaan toe hul mekaar sien en is toe teleurgesteld met die uitslag van die ontmoeting. Ek vermoed sekere mense steek dinge weg waarvan die ander goue vroue nie weet nie. Snuffel sal ons beslis tot daar ‘n antwoord kom. Jy het lekker hier vrye teuls aan jou gedagtes gegee. Lekker episode.
LikeLiked by 2 people
Hi Scrapy, lag ek nou lekker hoor. Ek het gesit en speel met die gedagte om hulle lang verlore verliefdes te maak, maar toe dink ek daaraan dat ek die Christa is en dat ek nie so ‘n storielyn oor myself in stand wil hou nie. Trewyl ek nog gespeel het met die gedagte om dit net uit te vee en die slot te skryf, kry ek die lus om hom steeds te red, maar net anders. Hy loshotnot en ek sonder die verpligting om voor te gee dat ek verlief is op die man.
LikeLike
Baie slim beplan. Nou kan daar nog verdere dinge uitbroei tussen al die karakters.
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook so.
LikeLiked by 1 person
O! Wonderlik, Christa!:ekstra kinkel, ekstra avontuur! Jy KAN!
LikeLiked by 2 people
Dankie Seegogga, ek het maar goed gestres hoor.
LikeLike
Sjoe dis ‘n heerlike kinkel en sommer ‘n nuwe liefdes-verhaal op die koop toe. Natuurlik staan ek voor in die tou vir ‘n masering van so mooie man
LikeLiked by 2 people
Lag ek nou alte lekker. Dankie, Positief.
LikeLike
Awesome!! Wat ‘n goeie kinkel wat jy in geskryf het. Nooit gesien kom nie. Lol vir Positief😄. Dink enigste man op Rebus was Silver.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dankie. Hmmm, ons sal sien …
LikeLike