Gepubliseer in Joernaal

Tyd om Shilo te laat gaan …

My hart weet dit al die afgelope twee dae, dit is dieremishandeling om Shilo nie na die veearts te neem om hom aan die slaap te maak om nie weer wakker te word nie.

Shilo het seer, so seer dat hy nie eens voel as die bediende per ongeluk op sy voorpootjie trap nie. Hoe seer moet dit nie wees nie? Voorheen sou hy haar aan die hak gebyt het, hy is ‘n ou kleinserige hondjioe as mens hom per ongeluk raaktrap.

Hy het haar net aangekyk, wat vang sy aan?

Hy beweeg nou baie min rond, gaan slaap alleen buite in die hondehok as die ander in die huis is. Ek kan hom nie saans saam met hulle laat slaap nie, hulle gooi hom uit die hok. Hy kla nie, ek word wakker omdat ek bekommerd is oor hom.

Hy piepie sy beentjies sopnat, want hy kan nie meerdie beentjie lig nie. En die man het mos iets anders as BB, haar piepie maak haar beentjies nie nat nie. Sy tooltjie mik juis vir die voorbeentjies.

Ek kan hom nie elke keer bad nie, ek maak hom seer as ek hom bad. Dus is dit ‘n groot probleem. Ek gaan vandag vir hom bad en ‘n doek aansit, maar ek weet reeds dit gaan nie werk nie. Hy gaan die doek van sy lyf af skeur.

Hy wou nie sy peperduur wiele gebruik nie,

Hy wou nie die stutte dra wat ek vir die agterbeentjies gekoop het nie. Hy het die velcro losgetrek.

Ek weet ek aan die besluit moet neem. Vroeër eerder as later. Want my kind het seer. En dit gaan net nog seerder word. Daar is nie ‘n kuur vir sy kanker nie.

My hart is stukkend, maar ek het tyd gehad om deur die fases van rou te beweeg.

Van kwaad, waarom hy? Hy wat altyd by my wou wees en my beskerm? Waarom nie van oudste na jongste dood gaan nie? Hoe lelik is dit nie van my nie?

Na hartseer, my arme woefie.

Na aanvaarding.

Na die wete dat ek hom kan help as ek die pyn wegvat dat hy kan gaan rus.

Skoondogter sê daar is ‘n storie dat jou woewe wat jy liefgehad het (of is dit wat jou liefgehad het) by ‘n stroom wag tot dit jou tyd is om ook die tydelike met die ewige te verwissel. En dan gaan hy saam met jou deur die stroom na die ewige lewe.

Sal hy my vergewe en vir my wag?

Ek dink nogal so, want ek self sal graag wil gaan as daar niks meer vir my gedoen kan word nie. Daarom behoort ek hom dit te gun.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

39 gedagtes oor “Tyd om Shilo te laat gaan …

    1. Seegogga, my hart is stukkend. Maar ek dink ek het by aanvaarding uitgekom … en die wete dat ek nie kan uitstel nie. Die hondjie ly op die oomblik. My hart het ook begin om van die hondjie te praat – asof ek so afstand bring om die besluit te kan neem. Op die oomblik is ek bekommerd dat die veerarts my baie lelik gaan aankyk. Hy het erg agteruit gegaan die afgelope week of twee. Maar, baie dankie, ek het dit so nodig. Ek kan nog nie die stap neem en net gaan nie.

      Like

      1. Dit is nie maklik nie. Ons veearts het destyds my honjie eers n kalmeermiddel ingegee sodat hy nie “voel” nie, maar tis hy due ” lethal dose” gee, gaan my hondjie aan die bewe. Dit was vir my baie erg. So sterkte.

        Liked by 1 person

      1. Dis presies hoe dit gaan. Mens is so lief vir die diere tog moet mens maar sterk staan as daar niks aan gedoen kan word om die lewe makliker te maak nie. Ons sit hier ook nou met Luigi wat doof is. Hy is skoon koekoes. Weet met tye nie waar hy is nie. Sy gebreekte voorbeen se skroewe het gebreek en al wat veearts raad gee is om been af te sit. Hy is al 15 jaar en sy bene is nie so sterk meer nie. Hy het juis vandag net gelê en slaap. Hom probeer wakker maak om te kom eet. gaan toe net aan met slaap wat baie ongewoon van hom is as dit by kos kom is hy eerste by. Sterkte met besluit.

        Liked by 1 person

        1. Dankie Scrapy, ek is stukkend. En nou verwag mense van my om by te staan as sy lewertjie beëindig word. Ek gaan dit dalk nie kan doen nie, hoe lelik is dit van my? Ek dink ek sal die dokter se hand wegklap en uithardloop.

          Like

          1. My seun het saam met my Trompie gevat. Veearts verduidelik nog mooi dat dit die beste is. Ek kon hom nie optel en na die tafel vat nie. Veearts het gesê hy sal niks voel nie nie, maar ek sou hom so graag vir oulaas wou vashou. Het net nie kans gesien nie en maar geloop sonder regtig te groet. Trompie weet egter dat alles ten goede is en hy is steeds lief vir my. Ek dink aan jou.

            Liked by 1 person

  1. Dis vreeslik hartseer Christa, maar dis vir hom beter om sy pyn weg te vat. Nou moet jy vir hom sterk wees en die laaste keer goed wees vir hom, deur hom te vat. Hy sal vir jou wag daar by die stroom. Sterkte met die hartseer

    Liked by 2 people

      1. Partykeer is die lewensmoeg so erg dat mens nie kan gil, net kreun. Dalk kreun hy want dis al wat hy krag voor het. Dis vreeslik erg vir jul albei. Maar erger vir hom….pyn is onbeskryflik. Jy moet hom dalk maar laat gaan, vriendin. Julle kry albei te swaar. 😭😭😭😭😭

        Liked by 1 person

          1. Dankie vriendin. Ek het hom vandag gebad en drooggeblaas. En dit is so flippen sleg dat hy nie teensit nie. Shilo het haardroërs gehaat. Met ‘n passie. Hy het my gedwee laat begaan. Net sy koppie opgelig as dit te warm raak.

            Liked by 1 person

  2. Dink aan Shilo, nie aan jouself nie en doen wat vir hom die beste sal wees. Ek ken die pyn om deur die proses te gaan, maar as dit tyd is, is dit tyd. My Sylke is in my arms saggies weg gevoer.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.