Gepubliseer in Joernaal

Kleinkindpret: Ek is my pa se bul

Kleinseun aan seun se kant lyk soos sy pappa. En sy pappa lyk soos sy oupa. Ons spot die drie ie nie gebore nie, hulle is gekloon …

Dus spring die tergduiweltjie gister op my skouer toe hulle gereed maak om huis toe te gaan. Seun het net na kerk gebel, is ons lus om hom op te pas, hulle wil bietjie inkopies sonder onderbrekings gaan doen.

En ons is dadelik daarheen, sulke kanse laat ons nooit verby gaan nie.

Al het ons in die kar beplan om te gaan gim. En daarna sou ek saam met manlieg gholf gaan speel. Ek bedoel, ek sou kyk hoe hy speel.

Ons sou in elk geval nie kon gaan nie – beide my en manlief se mae was erg ongesteld nadat ons by the Streatery by Food Lovers uitgeēet het – dit is nou nadat ek nie wou nie. Ek het reeds twee terugslae met uiteet gehad, ek dink nie die kombuise is skoon nie.

Eers was dit The Daily by Irene Link. Wel, ek eet nie weer daar nadat ek by die dokter beland het en ‘n fortuin aan meds moes uitgee toe ek ‘n week later steeds ‘n ontstelde maag gehad het nie. Antibiotika moes op die ou einde die ding doen.

Toe eet ons Kentucky laas naweek op pad terug van die rivier. In Parys gekoop. By die garage na die Grasmere tolhek was ek 45 minute in die dames … ek dink nie dit is ‘n grap nie. Ek was weereens hondsiek, maar na die 45 minute was ek darem beter. Die antibiotika het seker steeds gehelp?

En toe is dit gister weer ‘n probleem. Ag nee wat, ek sien nie vir hierdie strooi kans nie. My eie kos maak my nie siek nie.

Iedergeval, ek het afgedwaal.

Op pad na die kar toe leer ek kleinseun:

“Ek is my pa se bul” en hy herhaal te pragtig.

“Ek kan maak wat ek wil.” en hy draai dit om met die nodige stemtoon en al: “Kan ek maak wat ek wil?”

Dit gaan nie werk nie en ek herhaal weer, maar hy vra ‘n vraag en nie die stelling nie.

Ek het so lekker vir hom gelag. Want sy pa was na “Ek is my pa se bul” baie ernstig oor die saak. Het bloot vir hom gesê: “Ek het ook so gedink toe ek klein was, dit werk nie so nie. Nog voor hy by die vraag sou kom …

Sien, dit het so gebeur:

Ek dink ek het al vertel. Dit was sy kleuterskoolkonsert. En hy het soggens saam met die skoolhoof skool toe gery. Toe vertel hy haar blykbaar die een dag:

“Ek is my pa se bul, ek kan maak wat ek wil.”

Want sien, dit is wat manlief se stout rugbyspelers hom geleer het as ons langs die veld sit en rugby kyk. Manlief was voorsitter van klubrugbyspanne, onder andere Harvinia (Virginia).

Sy was nie beïndruk nie, het nos nie geweet dit is nie ons wat dit vir hom leer nie …

Kleinseun weet hy kan nie doen wat hy wil nie, daarvoor is sy pappa ook te streng. Daarom verander hy my stelling na ‘n vraag. En sowaar, as hy die koppie so draai as hy die vraag vra, sal oums amper kan toegee dat hy kan doen wat hy wil.

Omdat die taaljuffrou in my die taal te veel waardeer …

Hoofprent: Lieflike skildery van ‘n kragtige bul, hier is die skakel na die foto.

Terloops, kan jy jou voorstel jy laat so ‘n ktagtige dier(tjie) toe om te maak wat hy wil? Ek het op ‘n plaas grootgeword en het ‘n heilige ontsag vir bulle. Ek wil beslis nie die ouma van so ‘n bulletjie wees wat kan maak wat hy wil nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kleinkindpret: Ek is my pa se bul

  1. Ek stem saam met jou – dis veel beter om jou eie kos te maak en te eet (dan weet jy mos wat is daarin). Ek het al van kos winkels met ‘n goeie reputasie ‘n “runny tummy” gekry nadat ek ‘n vars klaar voorbereide toebroodjie geeet het … dit laat mens wonder, ne.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.