Ons het nou ‘n singende kleinseuntjie, en die liedjies word die een van die ander gesing terwyl hy speel.
Donderdagaand het hy Lees jou Bybel, bid elke dag gesing. Na my mening ‘n moeilike liedjie vir ‘n kind wat skaars twee geword het, maar hy sing. En ….
Hy ken die hele liedjie!
Hier is die lirieke:

Hy ken selfs die deel wat as jy los, en vergeet om te bied gaan jy krimp, krimp krimp! En dan word daar ernstig met die vingertjie beduie terwyl die gesiggie baie ernstig wys dit is baie verkeerd!
Ek sien nou eers, die lirieke is nie volledig nie …
Hier is die oulike liedjie.
Hierdie mannetjie is beslis sy ouma se hart se punt.
LikeLiked by 1 person
Una, hy is beslis een van die vier punte. Maar, ek kan so baie oor hom skryf omdat ek hom so baie sien. En ek skryf baie daarvan neer om eendag te onthou. Ek sien my drie ander kleinkinders baie min. Selfs toe hulle klein was en net 10 km van my af gewoon het, was my dogter so besig met werk en hardloop en fietsry dat ek hulle min gesien het. Party keer nie eens een keer per maand nie. Hierdie ou dingetjie sien ek elke Donderdag en hy het by my gebly. Dus het ek so baie om te vertel oor hom. En kan ek sien hoe hy ontwikkel. En natuurlik hou hy baie van gesels.
LikeLiked by 1 person
Dis so pragtig, Christa!
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit is vir my net so mooi. Veral as hy sing terwyl ny byvoorbeeld puzzles bou.
LikeLike
😀
LikeLiked by 1 person
Ag, ek onthou die liedjie so goed … maar dink nie ons het die “krimp” gedeelte in ons weergawe gehad nie! En dis mooi om te hoor jou kleinseun speel so sing-sing – dis te oulik!
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit verskriklik baie. Dankie
LikeLiked by 1 person
Alte oulik
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek geniet die kind so baie
LikeLiked by 1 person
Kosbaar, ouma.
LikeLiked by 1 person
Ag, tog, vriendin, ek geniet hom soooooo baie.
LikeLiked by 1 person