En toe doen ek dit, maak my werk meer en nie minder nie. En ek sien uit daarna.
Ek het ‘n voorstel ingedien om die gasredaktrise van ‘n spesiale uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie te wees. En dit is toegestaan.
Die tema?
Ek vermoed jy het reg geraai – ChatGPT.
Nou moet ek begin adverteer. En daarna is dit groot werk om as eerste keurder te dien voordat die artikels na SATNT gestuur word vir die res van die proses.
Ek beplan om te versoek dat die artikels teen 1 Augustus op my rekenaar is, ek dink dit is genoeg tyd om goeie navorsing te doen.
Dink aan my …
Sjoe jy wikkel en dit lyk my jy’s nou in jou element. Dink aan jou en ondersteun jou ten volle.
LikeLiked by 2 people
Ek is nogal, hoor. Mens kry geen geld daarvoor nie en ook nie regtig erkenning nie, maar dit gaan lekker wees
LikeLike
Geld is tog ook nie die belangrikste nie. Solank jy dit gate uit geniet.
LikeLiked by 1 person
Op hierdie stadium is geld noodsaaklik. Ek is baie ontevrede, ‘n gedeelte van my navorsingsgeld is vyf maande later n0g nie in my bank nie. En dit is erg, want ek word twee jaar nadat ‘n artikel ge-ubliseer is eers betaal.
LikeLike
Okay nou verstaan ek hoekom jy betaling moet kry. Hoop hul doen iets daaraan.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Ek glo jy gaan n uitstekende redaktrise wees!
LikeLiked by 2 people
Jong, ek hoop maar so. Maar, baie dankie.
LikeLike
Baie geluk en sterkte!
LikeLiked by 2 people
Dankie, die sterkte is baie nodig.
LikeLike
😀
LikeLike
Baie geluk! Vir my klink dit na harde werk, so ek wens jou solank sterkte toe!
LikeLiked by 2 people
Dit gaan nogal harde werk wees, maar ek geniet dit nogal om artikels te keur. Dankie.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk Christa, dis wonderlike nuus🥳🥳🥳
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek gaan dalk uitchicken, die prosesse loop stadig.
LikeLike
Wees rustig, altyd doel met tyd- lyne. Trust your gut, sal jou altyd regte besluit laat neem. Steeds awesome aanbod🌻
LikeLiked by 1 person
Dit is, vriendin. Maar ek het tydlyne gestel, die artikels moet 1 Augustus finaal in wees. En dan wag ek twee drie weke net om die finale goedkeuring van temas te kry. En ek het nog nie eens geadverter nie. Dit maak my onrustig oor die res van die proses.
LikeLike
Ek kan dink, jy is baie georganiseerd. Jy weet hoe jy voel, jou besluit sal die regte een wees. Dit bly steeds fantastiese prestasie vir jou, geniet daardie deel daarvan🌻
LikeLiked by 1 person