Gepubliseer in Akademies,Joernaal

RSA onderwysers … my “droom”

Ek het my navorsing vir my Phd gedoen oor hoe onderwysers in ‘n tegnologiese leeromgewing saamleer. Dit het egter te veel gekos om die tegnologie te onderhou.

Dus het ek na Facebook oorgeskakel na die navorsing voltooi is. ‘n Groep vir onderwysers in 2011 begin, dit RSA Onderwysers genoem en sedertdien bestuur ek die groep. Dus meer as ‘n dekade.

Intussen het onderwysers aangebied om te help, en het ons admin span die taak vir my makliker gemaak. En toe besluit ek om Fcebook nie meer op my fone te laai nie weens sy magsvergryp ten opsigte van WhatsApp in Januarie 2021.

So kritiseer twee van die admins my dat dit my groep is en dat ek hulle sedertdien eintlik misbruik het aangesien ek onbetrokke is. Maar wat veral gehelp het was dat die groep ook gekritiseer is. Daar is volgens hulle baie onderwysergroepe, ek moet besluit wat RSA Onderwysers laat uitstaan.

En so is ek deur die gemeenskaplike muur en het ek net geweet waarom ek so onbetrokke geraak het. Die muur is oorlaai met advertensies (waar kry onderwysers tyd om goed te maak om te verkoop) en poste beskikbaar.

Dit was nie waarom ek die groep geskep het nie. Dit was ‘n advertensiebord, nie ‘n professionele leergemeenskap nie.

Ek het ‘n plasing vir poste gevra en beskikbaar geskep en lede ingelig dat dit in die kommentaar geplaas moet word. Ook een vir produkte en dienste.

Dit was ‘n moeilike leerproses, want ek kry steeds mense wat aparte plasings daar oor wil begin. En dan begin die leerproses met privaatboodskappe. Later het ek vier geel handjies op ‘n prentjie geplaas wat ondertoe wys. En dit help blykbaar tans.

Die groep is tans wat ek daarmee beoog het. Ondewysers gesels oor belangrike onderwerpe. help mekaar, gee raad en troos ook waar hulle kan.

Nou loer ek daagliks in, dit is lekker om te gaan lees en te sien hoe onderwysers mekaar help. Dit is een van die take waarvoor onderwysers Deurlopende professionele Ontwikkelingspunte moet verdien. Die staat het egter ‘n pragtige idee, maar geen idee hoe om dit toe te pas nie.

Ek geniet egter die leerprosesse. Ook om onderwysers te leer hoe om te kommunikeer, hulle kan emotikons gebruik, hoef nie altyd woorde te gebruik nie. Dit het daartoe bygedra dat die gebruik van emotikons nou met 77% op is.

Dit maak my tyd die moeite werd.

Die kritiek het my gehelp om die groep ‘n u-draai te laat maak na hoe ek dit sien.

Ek kry geen geld vir hierdie taak nie, dit is my liefdestaak aan my beroep wat ek oor kinders, ouers en ‘n hoof verlaat het. Seker maar ook weens die verskil tussen stad- en plattelandse skole.

Iedergeval, die groep is tans so 22 000 lede sterk. Nie sleg nie, is dit?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “RSA onderwysers … my “droom”

  1. It is valuable for teachers to communicate with colleagues from other schools and educational institutions – and indeed those who teach other subjects and at different educational levels. We learn so much more from each other that way. Unfortunately school staff-rooms can become stifling places of whingeing about pupils or working through admin-related issues. There is generally little room – or time – for intellectual growth. This is where conferences can be so useful: everyone is in a different place and arrives with a different mindset. A platform such as this is ideal for interesting and useful exchanges of ideas – without the personal baggage of pupils or colleagues one knows.

    Liked by 1 person

    1. Anne, ek het met my studies gevind dat onderwysers mekaar nie in persoon help nie omdat hulle vooropgestelde idees van mekaar het. Toe hulle deur tegnologie gesels, het hulle raad gegee, idees uitgeruil en by mekaar geleer. Stem saam, in personeelkamers is daara nie tyd of lus vir leersame gesprekke nie.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.