Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Berugte tekening op Berlynmuur

My iPad herinner my die week aan gebeurtenisse die afgelope paar jare in videoformaat. Dit maak mos videos van iets wat dit as belangrik ag. En dié keer herinner dit my aan ons reis deur Duitsland in 2013.

Ek het ‘n referaat by ‘n kongres oor Sosiale Netwerk Analise in Hamburg in Duitsland gaan lewer. Die eerste week alleen daar deurgebring en toe kom manlief deur dat ons die tweede week saam deur die land reis. Iets wat ek sedert my skooljare graag wou doen aangesien ek Duits van standerd 6 tot matriek geneem het.

Hierdie foto het ek in Berlyn geneem. 30 Mei 2013. Ons het op bus gery en so die stad verken en meer daaroor geleer, bykans ‘n dekade gelede. As dit nie vir my iPad was nie, het ek die foto al lankal vergeet.

Wat dit beteken, weet ek nie. Dus het ek bietjie geGoogle. Lees gerus hier wat dit simboliseer. Ek weet net dat ek nie van die skets gehou het nie. Dit is interessant dat ek die Siriliese skrif kan lees nadat ek baie jare later in Kazakhstan gaan woon het waar ek die alfabet geleer het.

Hier is nog ‘n foto of twee van die muur …

Ek het op skool in die Geskiedenisklas van die muur van Berlyn gelees wat bykans oornag opgekom het, skeiding genoodsaak het tussen families aan die twee kante van die muur. Die konstruksie van die muur het net voor my eerste verjaarsdag begin. En ek kon bykans nie glo dat mense dit net kon toelaat nie. Buitendien, mens kon seker om die muur loop, het ek gedink.

Maar nee, mens kon nie. Die muur het Wes-Berlyn omring, soos op kaart hier onder gesien kan word.

Mens kon ook nie net oor die muur spring nie, daar was ‘n dodelike strook aan Wes-Berlyn se kant wat waaghalsiges se dood beteken het.

Iedergeval, ek wou eerder die foto deel, sonder enige kommentaar. Verl omdat die soen nou misbruik word.

Dit is interessant dat hulle ‘n deel van die muur laat staan het …

Dit is ‘n gedeelte van die Duitse geskiedenis wat nie in die Duitse klas hanteer is nie. Daar het ons net geleer van die mooi van die res van Duitsland. Daarom wou ek Duitsland besoek.

Om die mooi te beleef. En dit het ons per trein en vliegtuig gedoen.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.