Hierdie blog is nie deel van my normale inskrywings nie – dit vorm deel van ‘n skryfuitdaging van ‘n groep bloggers. Hier is die uitdaging:
Lees voort “Om deel van ‘n groep te wees …”Maand: November 2022
Nuwe versierings vir nr 17 Rebusfontein
Ek is vroeg op, almal slaap nog. Maar ek is opgewonde, ek het uiteindelik bure gekry. Buurvrouens eerder, alhoewel ek hoor dat party van ons hulle mans saamgebring het.
Dit gaan ‘n interessante dinamiek aan die dorpie gee, my manlief moet tuis bly. Hier wil ek net asem skep in ‘n huisie wat hy nie gaan verstaan nie. Die man van my het nie verbeelding nie, hy is ‘n ingenieur. Daarmee bedoel ek nou nie dat ingenieurs nie verbeelding het nie. Inteendeel. Hulle wil net alles sien realiseer in meetbare terme. Die huisie van my kan nie gemeet word nie.
Maar laat ek net eers weer onthou waar elkeen woon. As jynop die skakel kleik, kan jy na hulle blogs gaan om meer oor hulle te lees.
- 1: Hester
- 2. Una Bali, ons sagte vriendin
- 3. Scrapy, van my gunsteling rugby span se land, varings
- 4. Kameel,
- 5. Toortsie, die kunstige een wat ook oor kos gesels
- 6. Perdebytjie wat raad oor foto’s gee
- 7. Tannie Frannie,
- 8. Positief, wat met inlinkz kan toor
- 9. VirgoC, ons eie verpleegster
- 10. Seegogga, ons kunstenares, sy kan toor met ‘n kwas
- 11. Bondels, ons
- 12. Trommeltjies, wat ek nog moet leer ken
- 13. Woordnoot, ons spoedvraat
- 14. Lekkervurig se huisie is vakant
- 15. Sonell, ons jongste lid
- 16.
- 17. Christa, dit is nou ek
- 18.
Wat as daar nie virtuele vriende was nie?
Hierdie een vorm ook deel van die Wat As? bloguitdaging van Woordnoot. Dag 2.
***
Wat as daar nie WhatsApp groepe was nie? Dan het ek nie nou gesien hoe my blogvriendinne se oë rek oor wat ek volgende gaan skryf nie. Ek wou daaroor skryf. Regtig. Ek wou. Want dan het ek nog salig onder ‘n wanindruk verkeer. Maar, dan het ek ook die afgelope maand se lief gemis. Die herstelproses misgeloop. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as Una my nie genooi het om by die towerinne, wat ook as die Goue Vroue bekend staan, aan te sluit nie? Die tweede naam is vir ons WhatsApp groep. Daar gesels ons met mekaar op die voornaam. Towerinne is ons skywersgroepnaam as ons saam skryf en in die blogwêreld kuier. Daar gebruik sommige van ons skuilname as ons skryf. Die naam is deur Positief voorgestel en eenparig aanvaar. Elkeen van ons het, volgens haar, iets gouds aan ons. (Ek moet myne nog net gaan soek …). Hoop dit is nie klatergoud nie … Ierdergeval, as ek nie deel van die towerinne geword het nie, het ek nie ‘n enkele verbeeldingsvlug op my blog geskryf nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as ek nie aan die blogvervolgverhale saam met Una, Toortsie, Seegogga, Woordnoot, Sunelle, Appeltjie, Aalsie, Virgo, Scrapy, Bondels en nog ‘n paar vrouens geskryf het nie? Dan het ek ook nie hulle wonderlike verbeeldingsvlugte gelees nie. Maar, my oook nie verlustig in die kommentaar wat op myne volg nie. Ook nie vir Welgevonden op Rebusfontein gehad nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as Rebusfontein nie skielik bedreig was nie? Dan het hy waarskynlik ‘n stadige dood gesterf. Want ons het al minder vervolgverhale geskryf wat daar afspeel. Dan was daar ook nie soveel bloguitdagings soos wat op die oomblik aan die gang is nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie.
Wat as ek geloop het toe ek wou? Dan sou ek nie nou deel van die Goue Vroue gewees het nie. Ek sou dalk ook soos oningeligtes gedink het dat die groep dames wraggies baie van hulleself dink. Heeltemal te veel. Klatergoud. Omdat ek hulle nie regtig geken het nie. Dan sou ek soveel armer gewees het.
Wat as ek nie ‘n tweede groep gestig het waar ons oor die probleem kon praat nie? Dan het die oorspronklike groep dalk net ‘n stadige dood gesterf. Omdat almal op eiers moes loop as hulle nie uitgegooi wou word nie. So kon ons gemaklik teruggaan na die ander groep. Dan het ek ook nie geweet wie my warm vriendinne is nie. Hoe arm sou ek nie dan gewees het nie.
Wat as Appeltjie en Aalsie so groot geskrik het soos ek. En sommer dadelik die hasepad gekies het. Sou ek nie hulle verbeeldingsvlugte kon lees nie. Want hulle sou dalk sommer uit die blogwêreld ook pad gegee het. Soms wen mens vriende, soms verloor jy kennisse. Vriende wil ek nie verloor nie. Hoe arm sou ek nie dan gewees het nie.
Wat as ek nie deel van die Goue Vroue WhatsApp-groep was nie? Dit sē soveel meer as die vorige naam. Dan het ek nie nou opgewonde gestres oor die volgende bloguitdaging nie … Want ek sou nie daarvan geweet het nie. Ek is goed vir ‘n ses geslaan. Gaan die keer moet uithaal en wys, op plekke gaan soek waar ek nog nie baie gaan krap het nie … om deel te kan neem. Maar, is dit nie waaroor die lewe gaan nie? Om myself te oortuig dat dit wel tussen my ore kan gebeur … Dankie daarvoor …
Foto: Foto van ‘n ruiker wat vriendin op my verjaarsdag gebring het. Wens ek het die foto Maandag al geneem, maar die blomme is steeds pragtig.
Die waaghalsige bergfietsers van Rebusfontein
Die idee vir hierdie uitdaging is deur Frannie geskep. Toe sy die Goue Vroue se kersete en manewales afgesluit het met ‘n versugting vir ‘n nuwe uitdaging. Ek het so lank gesukkel om my muse terug te kry na die winterdrame op Rebusfontein.
Kinderverhale deur die Goue Vroue
Die Goue Vroue het so pas die uitdaging aanvaar om emmerskoplysies met mekaar te deel. En mekaar te help om dit uit te leef. Dit was een heerlike vervolgverhaal van lag en avontuur en selfs so bietjie uit gemaksones druk. Myne altans, ek het in Eleon Musk se vuurpyl om die aarde gesweef.
Die kern: So het ek my passie na ontnugtering bly uitleef …
Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan. Dis nou, so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf. Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.
Lees voort “Die kern: So het ek my passie na ontnugtering bly uitleef …”