Ek is vroeg op, almal slaap nog. Maar ek is opgewonde, ek het uiteindelik bure gekry. Buurvrouens eerder, alhoewel ek hoor dat party van ons hulle mans saamgebring het.
Dit gaan ‘n interessante dinamiek aan die dorpie gee, my manlief moet tuis bly. Hier wil ek net asem skep in ‘n huisie wat hy nie gaan verstaan nie. Die man van my het nie verbeelding nie, hy is ‘n ingenieur. Daarmee bedoel ek nou nie dat ingenieurs nie verbeelding het nie. Inteendeel. Hulle wil net alles sien realiseer in meetbare terme. Die huisie van my kan nie gemeet word nie.
Maar laat ek net eers weer onthou waar elkeen woon. As jynop die skakel kleik, kan jy na hulle blogs gaan om meer oor hulle te lees.
- 1: Hester
- 2. Una Bali, ons sagte vriendin
- 3. Scrapy, van my gunsteling rugby span se land, varings
- 4. Kameel,
- 5. Toortsie, die kunstige een wat ook oor kos gesels
- 6. Perdebytjie wat raad oor foto’s gee
- 7. Tannie Frannie,
- 8. Positief, wat met inlinkz kan toor
- 9. VirgoC, ons eie verpleegster
- 10. Seegogga, ons kunstenares, sy kan toor met ‘n kwas
- 11. Bondels, ons
- 12. Trommeltjies, wat ek nog moet leer ken
- 13. Woordnoot, ons spoedvraat
- 14. Lekkervurig se huisie is vakant
- 15. Sonell, ons jongste lid
- 16.
- 17. Christa, dit is nou ek
- 18.