Ons kleinkind sit die afgelope maand of drie by ons in die kerk, saam met sy pappa en mamma. En dit het al groot pret veroorsaak. Daarom vertel ek vandag so ‘n paar staaltjies.
Kleinkind is so pas twee en ‘n half, skaars groter as my Schnauzers as hy hom soms snaaks hou en kruip en ‘n mannetjie met ‘n baie fyn instelling vir emosies. En hy praat Engels en Afrikaans. Nie deurmekaar nie, ek hou niks van die woord Mengels nie.
As taalkundige verkies ek dat mens Afrikaans of Engels praat. En tog kom ek agter dat ek my taal lelik meng. Soms selfs vir ander moet vra wat die regte Afrikaanse woord is. O ja, en hy het vir homself ook onlangs ‘n eie taal ontwikkel. ‘n Tipe van babbel. Maar, hy praat die een of die ander, hy meng nie die taal nie.
So sit ons die eerste Sondag in die kerk, hy sit die eerste 45 minute rustig langs ons, meer as wat ek van matrieks kan vertel … Dan is dit nie meer vir hom snaaks om stil te sit nie. Hy sit gewoonlik op sy eie stoel tussen oupa en pappa of mamma. Oums is niks by die kerk nie, hy sien my seker heeltemal te veel in die week? Sleg vir my hart, maar ek probeer verstaan.
So klim hy die een dag van sy ma se skoot af, staan in die gangetjie tussen twee kolomme stoele en sê redelik hard vir die gemeente:
Come on, whun away!
(Kom, hardloop weg!!!)
Gelukkig verstaan niemand nie, hulle verwag mos nie Engels in ‘n Afrikaanse kerk nie. Dus sit hulle rustig en luister verder na die preek.
Sy grootste pret na 45 minute is om in die ry af te stap vanaf mamma of pappa aan die een punt na ouma aan die ander punt. Gewoonlik sien ek die pret in sy ogies raak, dan steek ek my been ver vorentoe dat hy nie verby kan kom nie. Keer probeer ek nie, hy sal beslis ‘n keelgat opsit as ek hom dan optel. Hy is mos op ‘n missie! Die keer het ek te laat gekliek en toe ek weer sien, kry hy spoed af in die ry, draai hy links by die muur en is hy op pad na die deur toe. Hy het genoeg gesit.
Mamma het dadelik opgespring en agter om ons kolom gedraf dat sy hom by die deur kon voorkeer. Maar, hy is baie rats. En by die deur uit voor sy hom buite kon vang. Hy gooi geen vloermoer as hy teruggebring word nie en sit dan vir die res van die preek stil.
Ander kere is dit pappa se beurt om hom te vang, soos toe hy onlangs gedoop is. Sy pappa moes die keer spoed kry om hom by die deur te vang, nog voor hy gedoop is. En hy is ook terug in die kerk, sonder om ‘n vloermoer te gooi.
Gister staan ons almal om te sing. Ou Toortsie, ek weet nie of jy so baie speel nie, maar ons dominee hou baie van sing. Ons sing soms tot ‘n kwartier lank voordat die preek begin. Nie oefen nie, uit volle bors as deel van die preek.
Toe ek weer hoor, hoor ek die ou seuntjie stemmetjie wat so nou en dan een noot vang en hard saamsing, geen idee wat die woord is wat hy moet uitspreek nie.
Dit was so oulik, hy sit ‘n glimlag op my gesig in die kerk en ek vrees die dag wat dominee Jaco vir my gaan vra wat so snaaks is. Hy het juis tydens die doop ‘n vrou so direk vertel dat hy haar later gaan vra wat so snaaks was.
Sal ek dan maar net in kleinkind se rigting knik en later vir hom vertel dat kelinkind vir die gemeente die opdrag gegee het om weg te hardloop?
Spesiale oomblikke en dan dink ek daaraan dat myne sommer pak gekry het as hulle nie doodstil in die kerk gesit het nie. Siestog, as ek so na kleinseun kyk, kon ek dit baie anders hanteer het … Hy geniet die bietjie pret, en dan sit hy weer stil en luister …
Dear Christa, at our church we allow our children free range. They run and dance but never say a word. We decided the ring leader, Rowan, aged 5 should learn some liturgical dance,he is so graceful.
We had visitors from another Parish who stayed for our BBQ, a few of us went over to them last night for Taize and Holy Communion. Their Pastor, who had been present with us yesterday morning,said that her daughter was pleasantly surprised to find she could run around in our church. We have a Korean Pastor, Hee Won Chang. She is a beautiful young lady, the same age as my boys, anyway her daughter and the other Pastor have daughters with the same name, even similar appearance. One is Anglo Korean the other Anglo Aboriginal. I can only tell them apart by the spectacles one wears. Both our Congregations have 2 Pastors and on 27th I will be preaching at a. Fijian Church without any Pastor.
LikeLike
Our dominee (we have dominee in our church) wants the kids in the church, I love it. But, they have to be with their parents, and they keep quiet and sit there.
LikeLike
Yes, it was like that with our children when they were young. The children are included,here, in parts of the Liturgy. The All Age Sharing, reading the Scriptures and relevant activities in the children’s area. It is Sermon time when the eldest run out of patience. The oldest will be starting School next year. The 2nd or 3rd youngest has just discovered walking. Every 3rd week there is Sunday School, taken by our Pastor. On those Sundays our chaplain (ordained) takes the Service, he is also our lead guitarist and vocalist. Our church is Protestant and an Australian Denomination, formed in 1984, it is a uniting of Methodist,Presbyterian and Congregational. Hence The Uniting Church of Australia. We call our Congregation HOPE. Another of our elderly.people died the Friday before last. We have lost 4 since the end of last year. I will be taking Bible Study for the next 2 weeks as the Pastor has an in service fortnight. We really love being at Hope. I will be 69 next year and my wife 74 so we are part of the old brigade. The eldest is 99. I always thought she was much younger until she mentioned her age last week.
LikeLike
Daarom het ons sltyd op die laadte oomblik bonnegestap om die stilsittyd do kort moontlik te maak. Doms het ek tekenboek en kryt saamgevat. Eendag het my jongste, toe so 2 jr, aan die slaap geraak.( sy was bietjie verkoue) en het kliphard dwarsdeur die preek gesnork!
LikeLike
Ag oulik, Seegogga, dankie vir die deel! Seun en skoondogter stap ook net betyds in. Dan is die tyd beslis korter.
LikeLike
Ek hou van sulke stories – hulle laat my terugdink aan my eie kinders 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, ek geniet die kind so baie. Seker maar omdat ek weet hulle word groot en dan skuif ouma en oupa al meer na die agtergrond. Vir nou geniet ek elke oomblik meer as wat ek moet. Asof dit gaan opraak …
LikeLike
Ek is bly as die kindertjies sommer so van kleins af in die kerk saam met ouers (en oumas en oupas) sit. Ek kry ook partykeer so ‘n vae glimlag op my gesig vir die kleintjies se doen en late in die kerk (en dan glimlag ek nog breer as ek daardie subiele kyke van die ouers se kant af sien) 😉. Ek het jou stories nou lekker geniet!
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek geniet dit net so baie.
LikeLiked by 1 person
Oe, dis oulik. Ek kan my al die dominee se gesig sien as hy hoor dat die kind gesê het die gemeente moet weghardloop. As mens dit nou letterlik sou opvat.
LikeLiked by 1 person
Kan jy net dink wat hy sal dink?
LikeLiked by 1 person
Dis te oulik dat hy so soet is in die kerk!
LikeLiked by 1 person
Hy is ‘n ou sweetie pie, ek geniet hom baie.
LikeLiked by 1 person
Dierbaar!
LikeLike
Ai ja, ons het in ‘n ander tyd kinders groot gemaak. Ek dink ek was heeltemal te kwaai met my eerstes. Ons sing aan die begin van die diens drie liedere en ná die oreek nog een en dan die seën aan die einde
LikeLiked by 1 person
Ons sing baie, maar ek gaan moet tel om te bevestig. Ek is skoon uit asem as ons gaan sit.
LikeLiked by 1 person
As ek darem dink hoe kwaai ek met my kids was…..ai toggie. Dis dalk die dat hulle nie eintlik meer kerk toe gaan nie…sug!
LikeLiked by 1 person
Ons het maar gemaak soos ons ouers gemaak het, dink ekke? Ek was ook kwaai
LikeLike