Die Цирк is in Ust. Lees ek Vrydag teen ‘n bushalte muur. Ek sukkel eers om die woord te lees. Dan besef ek ek lees reg. Tsirk! Sirkus! Ek moet gaan kyk, ‘n Russiese sirkus. In ons dorp.
En so wraggies, daar gesels die towerinne ook oor sirkus! Ek lees die nuus, soos dit van nuutste af inkom, wat veroorsaak dat ek die kat aan die stert beetkry. En soos ek verder lees verstaan ek waarom hulle wil een van ons aan die sirkus wil afstaan.
Ek lag my slap, lag soos ‘n heks vir hulle manewales. En toe ek weer sien, word Ego, dit is nou my alterego wat in Rebusfontein woon, uitgedaag om die verhaal verder te skryf. Want onse tannie Frannie het nie tyd nie. Sy is besig.
Ek laat weet ek sal vandag, want ek moet groot skoene volstaan as ek by ‘n towerin wil oorvat en verder skryf.
Toe ek vanoggend opstaan, het tannie Frannie haar deel reeds gedoen. En my in beheer van sosiale media gestel.
Ego sal dus verder vertel.
———————-
As jy hierdie inskrywing beter wil verstaan, moet jy die ander towerinne s’n dalk eers lees. Jy kan maar kliek, van bo na onder, jy sal daarvan hou. Dit is in die mooiste Afrikaans geskryf. En dit is pret. Gaan oor ‘n dag of twee se pret. In die towerwêreld van Rebusfontein.
Bondelsgedagtes: Wakkerword op Rebusfontein
Kameel: Die Sirkus kom Rebus toe
Woordnoot: Una en mnr Barnum
Hester: Una se beenhare plaas ons op die soustrein
Toortsie: Besturende Agent van…
Tannie Frannie: Perssensuur op Rebusfontein
—————-
Nou goed, tannie Frannie, laat ek verder vertel.
Ons Suid-Afrikaanse media is mos maar lekker toe. Dink hulle kan skryf wat hulle wil. En ons lesers is te dom om self te dink. O my jitte, daardie media waarna tannie Frannie verwys is pure poniepers. Hulle pas sowaar sensuur toe!
Sommige koerante, sien tannie Frannie se inskrywing, het Una, die langbeenhaar-aanwins van Mnr Barnum se sirkus, erg laag gevat.

Moet sê, ek het self geskrik toe ek hierdie towerin se foto sien. Haar eers jammer gekry, weet nie wat ek sou doen as myne so lyk nie.
Sukkel klaar genoeg om my haredos op my kop blink te hou. En die statiese elektrisiteit hier is erg, hare lê nooit plat nie.
Hou beenhare dus in toom, somer en winter. Hier trek mens soveel lae aan dat ek nie nog kans sien om beenhare ook in kouse gedruk te kry nie. En as ek dit nie doen nie, gaan my rokke so in die lug waai as ek op die gras op Rebusfontein probeer lê!

Sien julle ook die vrou wat op haar rug in die lug sweef, lang wit rok?
My rok sal so staan van statiese elektrisiteit. Is nie noodwendig sleg nie, maar in die winter gaan ek koud kry as die rokkies so weg staan.
Sies, sommige van die koerante het sommer vreeslike goed oor Una en Rebusfontein kwytgeraak. Dankie tannie Frannie, ek hou van die brief wat jy vir die Son geskryf het.
Daai naam moet verander na die Nag! Hulle sien nie die son oor arme Una skyn nie. Mis die dag op Rebusfontein met daardie beledigings!
Ek het gesimpatiseer, maar Kameel en Woordnoot en Hester het dadelik ‘n sirkus en ‘n piramideskema gesien. En weer word ek aan die sirkus in Ust herinner.
Ons stuur Una sirkus toe en maak almal saam geld deur die bemarking daarvan.
Hulle het eers die koerante en radio probeer. Maar ai tog, hulle doen meer skade as goed. En is so stadig met die verspreiding van nuus.
Vandag se nuus word eers oormôre vertel. En dan het dit lankal stertjies gekry. Of is dit al ou nuus!
En nou is ek uitgedaag om die nuus na die sosiale media te vat.
Dadelik geplaas. Versprei vinniger as ‘n veldbrand oor kontinente! Geen see keer dit nie.
Maar, waar sal die beste plek wees om te begin?
Twitter? Dit kan werk? Ek het vinnig ingehardloop, haar foto gedeel, met die byskrif:
Una, die langhaarprinses van Rebusfontein!
Met ‘n skakel na die sirkus se blad. En die hutsmerk #Unadielangbeenhaarsirkusdier.
Die dier is ‘n verkorting vir dierbaar. Dierbare Una wat ons ryk gaan maak. Anders is daardie hutsmerk heeltemal te lank!
Dit sal beslis goed versprei. Sommiges sal wonder hoe lank die hare onder die handdoek is en verder deel. Ander sal dankbaar wees dat ‘n vrou vir haar regte opstaan en dit verder deel. Die mislikes, is daai nou reg gespel? sal aanstuur om spot te dryf, maar dit is ook goed! In die lug is enige nuus goeie nuus! En ons wil die nuus vinnig versprei. Dus is die hutsmerk noodsaaklik.
WhatsApp? Miskien? Ek het dieselfde boodskap as die Twitter een gebruik en dit na al my vriende gestuur, hulle sal wel verder versprei.
Instagram? Beslis, die Qazaqs ken nie van Facebook nie. En die hutsmerk is goed. Sal dalk net moet vertaal ook. Nee wag, laat ek hulle eerder Afrikaans leer? Dan kan ons die hutsmerk ook hier gebruik as bemarkingstrategie.
Want hier in Ust is ‘n mooie amfie teater. Waar Una maklik by almal kan gaan spog met haar haredos! In hulle sitplekke!

Ek deel sommer ‘n video daarvan, as Instagram net wil saamspeel. Vandag is sy al weer ‘n toonbeeld van ‘n media waarvan ek nie hou nie. Sukkel as ek werk het! Volg dan maar cvanstaden op Instagram. Dalk mag ek môre deel? Nou mors sy tyd!
Facebook? Daar gaan ek dit met RSA Onderwysers deel. My groep met lieflike onderwysers. As die amper 20 000 onderwysers dit in hulle skole deel, kan ons die mark met duisende uitbrei. En Una sommer so globaal bekend maak, hulle is oor die aardbol versprei.
En elke juffrou wat haar sout werd is, sal hulle beenhare saam sal laat groei.
Uit meegevoel met Una.
Maar ook omdat ons ons winste graag deel. En watter beter bemarking kan daar wees as ‘n langbeenhaar juffrou in die somer?
Dan nooi ons almal om foto’s van hulle beenhare op Pinterest te deel. En kies ‘n wenner om vir Una in te staan. Wanneer sy saam met ons op Rebusfontein wil rus ….
Wil jy saamspeel en saamvertel?
Skryf dan jou deel van die storie en las dit by hierdie skakel waar jy al die stories in volgorde kan lees:
https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1
Wonderlik – dankie Christa, het geweet jy sal die wa deur die drif trek 😀 Daar maak jy nou sommer ‘n blink plan om vir Una darem tog ook ‘n blaaskansie te gee!
LikeLike
Ek het gesukkel, tannie Frannie, ek moes my brein rek en trek.
LikeLiked by 1 person
Wel dit het gewerk!
LikeLike
Tannie Frannie is ń wyse vrou om jou so in beheer van die sosiale media te plaas. Skitterend, dankie Christa. Moet sê, dalkies het ons nou genoeg geld gemaak … ek wil baie graag my beenhare loop skeer.
LikeLike
Ek kan dink jy wil. Ek sou ook wou. Ons kan plaasvervangers stuur …
LikeLike
😂😉
LikeLike
❤️
LikeLike
Sorry Una…maar jy sal moet loop tot die eerste naweek in September verby is!
LikeLike
Stem, ek kort ook geld.
LikeLike
Jou skoene pas perfek, liewe Towerin! Sjoe! Nou is ons wtaggies wêreldwyd bekend! Dankie Christa. 😁
LikeLike
Dankie Toortsie, ek moes dink en dink …
LikeLiked by 1 person
Welgedaan…. ons Una is nou wêreldbekend 😊
LikeLike
Ons moet haar nou net op die aarde hou …
LikeLiked by 1 person
Ek het selfies saam met haar geneem net vir ingeval sy my een van die dae nie meer “herken” nie. Jy weet mos hoe upstairs celibraties kan raak. 😂😂😂😂
LikeLike
Goeie idee!
LikeLike
Celebrities…..
LikeLike
Jy weet dan, kan hulle mooi aantrek, maar nêrens heen vat nie. Dan ken hulle jou nie …
LikeLiked by 1 person
Nou kan ek rustig terugsit en wag vir die eerste memes om hulle verskyning te maak 😁
LikeLike
O ja!
LikeLiked by 1 person
Onse Una is nou wêreldbekend, dankie Christa
LikeLike