Nou die dag neem ek weer vir kleinseun om by die klubhuis se splinternuwe speelplek vir kinders te speel voor slapiestyd. Ek sal nog van die speelplek vertel.
In die klimraamgedeelte is daardie soort wat tonnels soos by Wimpy en Spur. Die ee het ‘n effense opdraende.
En ‘n swart peutertjie wat skaars begin loop, kan net nie daaroor kom nie. Sy het ‘n eenstukpakkie aan en haar voetjies gly die hele tyd terug.
Toe lê hy aan die ander kant van die hobbel op sy magie. En steek sy handjie oor die bultjie dat sy dit moet vat sodat hy haar kan help oorkom.
Sy is toe sowaar met behulp van sy handjies oor, al het die eerste probeerslag nie gewerk nie omdat sy nie verstaan het sy moet aan sy handjie vashou nie.
Ek het sowaar ‘n heer in my sorg.
Ek het die ander dag vertel van die Solly Ouma, dit stink.
Goeie gene in daai lyfie!!
LikeLiked by 1 person
Ek kry daardie selfde gedagte. Dankie, Woordnoot.
LikeLike
So klein en so galant 😊 … dis vreeslik mooi!
LikeLiked by 1 person
My hart wou sommer bars van trots. Maar, sulke goedjies sien mens eers raak as jy saam met hom in die klimraamgedeelte is en nie net buite sit en koffie drink terwyl die kinders speel nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is wonderlik joe kleintjies vir mekaar kan help 🙂
LikeLiked by 1 person