Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: ‘n Regte klein heer in my sorg

Nou die dag neem ek weer vir kleinseun om by die klubhuis se splinternuwe speelplek vir kinders te speel voor slapiestyd. Ek sal nog van die speelplek vertel.

In die klimraamgedeelte is daardie soort wat tonnels soos by Wimpy en Spur. Die ee het ‘n effense opdraende.

En ‘n swart peutertjie wat skaars begin loop, kan net nie daaroor kom nie. Sy het ‘n eenstukpakkie aan en haar voetjies gly die hele tyd terug.

Toe lê hy aan die ander kant van die hobbel op sy magie. En steek sy handjie oor die bultjie dat sy dit moet vat sodat hy haar kan help oorkom.

Sy is toe sowaar met behulp van sy handjies oor, al het die eerste probeerslag nie gewerk nie omdat sy nie verstaan het sy moet aan sy handjie vashou nie.

Ek het sowaar ‘n heer in my sorg.

Ek het die ander dag vertel van die Solly Ouma, dit stink.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Kleinkindpret: ‘n Regte klein heer in my sorg

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.