Ek staan vanoggend met ‘n verskrilike opgewondenheid in my hart op. Nie omdat ek verjaar nie, maar omdat my dogter vir ‘n paar dae by my kom kuier. Omdat ek verjaar!
Dit is so ‘n groot geskenk van my kinders af. Dat skoonseun regstaan om die seuns drie dae lank skool toe te vat en sport en alles hanteer. Dat dollatjie haar ma kan kom verras.
Dit was veronderstel om een groot verrassing te wees. As ek vanmiddag weer kyk, is sy by my.
Maar toe is daar ‘n misverstand, en moet sy haar kaarte speel om haar mamma se hart te troos.
Iedergeval.
Ek sien besonder baie daarna uit om haar net-nou te sien. Sy behoort hier aan te kom as kleinseun lekker diep in droomland is.
Hierdie verjaarsdag gaan soveel anders wees as my 60ste wat ek en manlief alleen in ons woonstel in Almaty, Kazakhstan, moes vier. Sonder kind of kraai.
Manlief wou vriende oornooi om te kom saamvier. Maar ek maak mos maar moeilik vriende. Dus was daar niemand in Almaty wat ek op my spesiale dag saam met my wou laat kuier nie. Mia was in Ust, en dit was heeltemal te ver van ons af om haar oor te nooi. 1 000 km.
Buitendien, die inperkings was nog erg. En ons mag eintlik nie meer as drie saam gekuier het nie. Sy sou nie kon kom nie.
Vanaand eet ons uit, my gesin en een vriendin en haar man. Ons is al vriende nog voor sy haar man ontmoet het. En dit is lekker dat hulle kom om die aand saam met my te vier.
En nou kan ek die dag saam met my kinders en een kleinkind vier. Die ander drie en skoonseun kan nie saamkom nie, hulle hou die fort dat ouma se hart vol kan wees. Baie dankie, skoonseun. Ek waardeer dit verskriklik baie.
Hooffoto: Meer as 11 jaar gelede geneem op die Strand, die strand van Somerset-Wes. En tot onlangs my gunsteling strand. Nou gaan my gunsteling strand die strand van Stilbaai wees … Of liewer, dit is al klaar. Veral die een by Lappiesbaai restaurant, langs die mond van die Goukou rivier, wat die dorp in oos en wes verdeel. Ons het wes verkies, maar gaan gereeld oor die brug na die sandstrand gaan. Of aan ons kant na Skulpiesbaai, wat ook naby ons huis is …
Wat ñ heerlike bederf, Christa.
LikeLiked by 2 people
So groot dat ek sowaar vir almal vertel ek verjaar vandag. Baie dankie, Una, hoe gaan dit by julle?
LikeLike
Lekker verjaar en geniet die spesiale tyd saam!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is so spesiaal! Sy het haar jongste saamgebring om ouma te verras.
LikeLike
Watter lekker verrassing!
LikeLiked by 1 person
So lekker, ek koester elke oomblik.
LikeLike
Om ‘n verjaarsdag te vier saam met jou geliefdes … dis ‘n groot geskenk! Baie geluk Christa, mag jy groot seen uit die Here se hand ontvang (en geniet jou dogter se kuier) 🎉.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is spesiaal. Ek koester dit met my hele hart.
LikeLiked by 1 person
Spesiaal! Geniet elke minuut. 🥰
LikeLiked by 2 people
Dankie vriendin, jy weet hoe ek verlang het.
LikeLike
Geluk met jou verjaarsdag en geniet die geselskap.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, diot was so lekker. Ek het skoon vergeet ek verjaar, het net lekker gekuier.
LikeLiked by 1 person
Hoop jy het ‘n wonderlike verjaarsdag gehad Christa en dat jy sommer lekker saam met jou dogter gekuier het!
LikeLiked by 1 person
Aletta, dit was so lekker. Meer as waarvoor mens ooit kan wens.
LikeLike
Ek is bly vir jou☺️💐
LikeLiked by 1 person
Dit is so lekker om te hoor dat ek mense hier kan ontmoet en leer ken wat my net die beste toewens, Aletta. Omdat ek mense redelik na aan my het wat my net die slegste toegewens het op my verjaarsdag. Ek het daaroor geskryf. Daarom waardeer ek jou mooi boodskap so baie.
LikeLike