Soms staan mens sommer net op met ‘n verlange na iets … Wel, ek het vandag nie met die verlange opgestaan nie, maar WordPress laat my na twee spesiale blogvriende verlang.
Toe ek maar pas begin blog het, was dit hoofsaaklik vir myself. Daarom was ek verras as mense daarop reageer. En nog meer verras as hulle nie net op die hou-van-knoppie klik nie, maar tyd afstaan om kommentaar te lewer.
So het ek agtergekom dat twee van my blogvriende eintlik een mens is. Dink ek, maar ek kan ook nou lekker verkeerd wees.
Die een was Rambo, ‘n pratende woef wat die oulikste kommentaar gelewer het.
Die ander een was Sonel. Ek het twee Sonel volgers gehad, die een met een l en die ander een met twee. Sonel se naam het net een l en sy het my so aangemoedig om weer en weer te skryf.
En toe verdwyn hulle uit blogland. sonder ‘n groet, sonder ‘n waarom.
En ek wonder steeds waar hulle is. Of Rambo ok is, waarom hy en Sonel my verlaat het. Want dit is hoe dit voel. Hulle het blogland verlaat en ek kan hulle nie weer kontak nie.
En ek wens …
Wens dat hulle terugkom, dat Rambo ook na my Schauzers verlang. Dat hy weet dat ons terug is. En dat die drie stoutgatte van my gereeld raas kry, want hulle is so om my voete dat ek nog my nek oor een van hulle gaan breek …
Weet enige iemand wat van hulle geword het?
O, ek ken daardie verlange en wonder oor verdwene bloggers. Dis glad nie ‘n lekker gevoel nie en eintlik kan mens niks daaraan doen nie. Dis die een nadeel van blog!
LikeLiked by 1 person
Dit is Frannie, as mens nie naby kontak soos ons groepie bloggers gemaak het nie, is die verdwene bloggers nie weer kontakbaar nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook n Sonel blogger gehad en sy het ook verdwyn ! Wonder ook baie oor haar.
LikeLiked by 1 person
Mens kan nie help om te wonder nie.
LikeLiked by 1 person
Hoop jy spoor hulle op.
LikeLiked by 1 person
Ag ek ook, net om te weet hulle is ok.
LikeLiked by 1 person
Ai, dis nie lekker as blog vriende so wegraak nie. Een van my ooresse blog vriende in Kanada en haar man het vroeg in Januarie in ‘n fratsongeluk gesterf toe ‘n boom tydens ‘n storm op hulle huis se dak geval het. Dit het my erg geraak (en ek ken hulle nie eens persoonlik nie) … soms gaan lees ek nog haar blog waar sy met soveel entoesiasme geskryf het oor hulle avonture, dan raak my hart van voor af seer.
Ek hoop jou Rambo en Sonel is nog ok … dalk vat hulle maar net ‘n ruskans erens waar dit stil is 💌.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is baie erg, hoe het jy daarvan te hore gekom?
LikeLiked by 1 person
Een van haar familie lede het ‘n post op haar blog gedoen om ons in te lig … ek was vir dae daarna ontsteld … dis net weer ‘n besef hoe kort ons lewe is (en hoe skielik dit kan eindig).
LikeLiked by 1 person
Ek sou ook wees, dit is baie erg. en baie spesiaal van die familielid.
LikeLiked by 1 person
Ik heb ook veel contacten gehad in Zuid Afrika die plots nietmeer bereikbaar ware. Blij van U hier terug te zien. Groetjes uit Vlaanderen 😀
Theo
LikeLiked by 1 person
dankie, ek verstaan jou taal. Dit is so lekker.
LikeLiked by 1 person
Ek is al vanaf 2010 af op WordPress en het al vele Afrikaanse Bloggers sien kom en gaan. Ek onthou nog die dae toe ons ‘n baie aktiewe gemeenskap was en toe die Afrikaanse weergawe van WordPress nog ‘n lys van top blogs vir die dag gehad het. Dit was ‘n handige manier om nuwe bloggers te ontdek. Ek onthou nog die dae van die gevegte tussen die Bosparras wat destyds teen Steve was en die sogenaamde “slakke” wat vir hom opgestaan het. Ek onthou nog vir Herriemerrie, Bierpens, Die Wit Rus, Sammi, Ding, Duskant Sutherland, vir Jaco en Christa, die twee Wosonkis, ou Wipneus, Harry met al sy ou Suidwes Stories, Ja-nee ons was omtrent ‘n groepie saam waarvan die meerderheid nie meer aktief is nie.
LikeLiked by 1 person
Ag Vuurslag, dit is sommer sleg. Ek hoop sommiges gaan terugkom, veral as hulle sien ons mis hulle.
LikeLike