Mense gebruik steeds WhatsApp en Facebook en Instagram op hulle privaat fone. Nie omdat daar nie beter is nie, maar omdat almal dit doen.
Onwetend dat Facebook – wat intussen ewe skelm sy naam na Meta verander het – ‘n baie volledige profiel van hulle saamstel. En waarom sou die man ‘n volledige profiel van elke mens op aarde wou hê?
Internetsekuriteitkenners waarsku, maar hulle waarskuwings val op dowe ore. Maar, nee, daaroor gaan ek nie weer gesels nie. Dit maak my moeg om mense teen gevaar te waarsku.
Buitendien, ek is ‘n voorstaander van volwassene onderrig. Teoretiese kennis is nie genoeg nie. Mens moet kans kry om deur jou foute te leer. As ek die dosent was, het ek inderdaad bly waarsku. Maar ek is nie.
Daarom is dit vanoggend verfrissend verrassend om hierdie kennisgewing op ‘n toep te kry wat mense in staat stel om hulle foto-albums aanlyn te deel.
En kyk net watter kennisgewing laat 23snaps op sy toep.

Soveel toeps het hulle gebruikersbasissse direk met Facebook gedeel. Mense kan kies of hulle ‘n eie wagwoord wil kies, of sommer die gerieflike (sic) roete volg en deur hulle Facebook ingaan, wat Facebook natuurlik toegang tot daardie foto’s ook gee.
Ek kan nie help om dankbaar te wees dat toepontwikkelaars wakker skrik nie. En net daar het ek besluit om hierdie toep tog op my foon af te laai. Want my vriendin deel gereeld foto’s met my, maar ek kyk daarna op die e-pos en nie op die toep nie.
Ek kan 23snaps dus met ‘n geruste hart aanbeveel. Die toep neem die veiligheid van sy gebruikers ernstig op.

Die boodskap wanneer mens wil aansluit, is weereens gerusstellend: Deel jou privaat foto’s sonder om jou data aan adverteerders bloot te stel. Ek hou hiervan.
Ek gaan natuurlik meer wil uitvind, want dit is ‘n groot stap om te neem om oop en bloot op jou toep aan te dui dat Facebook nie welkom is nie om die veiligheid van jou gebruikers te beskerm.
So, ek neem aan Facebook se stigters (of dan Meta) gaan nie baie van 23snaps hou nie 🙃. Dankie vir die deel hiervan Christa – soos jy, is ek ook bly daar is ander (veiliger) opsies.
LikeLiked by 2 people
Dit is sommer verfrissend dat hulle ook nie te koop is nie. Dus gaan ek hiermee speel. Dankie, ek waardeer die gesels.
LikeLiked by 1 person
Ek het whatsapp op my foon om met kinders in kontak te bly. Kan nie FB op foon oopmaak en stel nir belang om dit ooit te doen nie.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee Scrapy, FB samel te veel inligting in sonderr dat mense eens daarvan weet.
LikeLiked by 1 person
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Dit maak mens ongemaklik, FB het meer persoonlike inligting as wat die regering van mens het.
LikeLike
Glo dit goed want soms kom ek op dinge af wat ek lankal vergeet het en skielik hou hul dit voor jou om jou te toets en om te sien of mens reageer.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, dit is scary.
LikeLiked by 1 person
Ek gebruik wel fb sowel as w/a op my foon. Probeer so goed ek kan die nodige, beste sekuriteitsstellings te gebruik. Dalk is ek ‘agter’, dalk naief. Dis goed om sulke skrywes soos hierdie te lees Christa, baie dankie. Sal bietjie gaan loer na 23snaps.
LikeLiked by 2 people
Ek was Facebook en WhatsApp se grootste “fan” hoor. Maar nadat Facebook WhatsApp gebruikers geboelie het om hulle ligting met hom te deel en toe sommer sy naam ook verander, het ek pad gegee. Het WhatsApp op ‘n ou foon waarop ek niks anders doen nie. Daar kan FB maar rustig snuffel.
LikeLiked by 1 person
Het bietjie moeg geraak vir Facebook…so ek is eintlik net op Whatsapp. Maar hierdie lyk nogal indrukwekkend….en as jy dit aanbeveel, des te meer nog.
LikeLiked by 2 people
Ne, ekke ook. En ek kan dit nie glo nie, ek was fan nommer 1.
LikeLike
Maroubra,Australia.
LikeLiked by 1 person
Sal so bietjie na hierdie toep gaan kyk!
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook kyk.
LikeLike
🧓🏻
LikeLike