Gepubliseer in Joernaal

Spotprente wat my nie wil laat lag nie …

Ek deel ‘n paar spotprente oor die huidige pandemie wat my nie wil laat lag nie. Dalk eerder huil?

Interessant genoeg kom die spotprente nie uit die Suid-Afrikaanse konteks nie. En dit laat my wonder waar ons spotprentkunstenaars heen is. Voorheen kon hulle van enige ernstige situasie ‘n grap maak. Om mens te laat dink …

Daar word nie verniet gesê dat een prent ‘n 1000 woorde vertel nie. En verskoon my maar, ek is ‘n taaljuffrou. Ons gebruik spotprente om kinders aan die skryf te kry. Dit het soveel leidrade wat hulle kan gebruik om te skryf. En die lekkerste van alles was as kinders nie beskryf wat hulle sien nie, maar dieper dink. Ek gaan so hier en daar kommentaar lewer.

Nommer 1:

Die hoofprent. Ek gaan nie kommentaar lewer nie. Maar ek gaan tog noem dat die regering van Israel praat van sewe of agt.

Nommer 2:

Hieroor gaan ek wel iets skryf. Waarom aanvaar die vervaardigers van J&J, maar veral van Phizer nie die verantwoordelikheid vir enige newe-effekte nie? Tans is daar ‘n krisis in lande met vlugtelinge. Soos Amerika. Beide die gasheer lande en die vervaardigers weier om die verantwoordelikheid vir newe-effekte te aanvaar, daarom word die vlugtelinge nie ingespuit nie. Interessant genoeg lees ek nie dat die vlugtelinge siek is nie …

Nommer 3:

Ek lag kliphard elke keer as ek na hierdie ene kyk. Ek het op ‘n plaas grootgeword, die regte prentjie is in my geheue ingeprent. Ek en my susse het op pad skool toe verby die stal geloop waar die werkers in ons enamel bekertjies gemelk het. Enigste verskil is ons koeie het vier spene gehad.

Terug by die prentjiel. Ons het in Junie vreeslik baie geld uitgegee toe ons twee positief getoets het. Ek was werklik vreesbevange vir die siekte omdat ek in 2019 positief getoets het vir die Leiden V mutasiegeen, die geen het wat my bloed makliker as ander mense s’n laat klonte maak. Ek het almal se raad gevolg, duisende rande se tuismedikasie gekoop. Dischem Kuruman se sakke vol geprop. Manlief reken ons het na aan R10 000 uitgegee.

Alhoewel ons regtig siek was, was ek nie sieker as tydens enige winter wat ek griep gekry het nie. Ek het bykans elke winter so swaar griep gekry. Nie tydens 2021 nie, my longe het heeltemal oop gebly. Voorheen het dit in my longe ingegaan. Miskien omdat ek te lank gewag het voor ek dokter toe is? Ek is van mening dat die newe-effekte van die drie stelle antibiotika wat ek gekry het, my sieker gemaak het as die gogga self. Ek glo die Here het ons gesond gemaak en nou het ons natuurlike immuniteit, wat beter is as die immuniteit wat kunsmatig geskep kan word.

Ons sakke is egter goed gemelk. Deur die gogga …

Nommer 4:

Dit is die een situasie wat my altyd laat lag. Ek praat sommer van die slimgogga. As jy iewers loop, moet jou mond en neus met ‘n versmorende masker toegemaak word. Maar, as jy op ‘n 8 ure vlug is, kan jy twee keer vir ‘n baie lang tydperk sonder jou masker sit en heerlik eet en drink. Ook in restaurante. Net so lank soos wat jy wil. Tussen die golwe in elk geval. Want die gogga het respek vir etenstyd, hou skietstilstand as mense eet, plak teen die mure vas tot jy klaar is, so het ek geredeneer.

Het ek die bal heeltemal mis gesit? Ek is veilig as ek sit, die gogga daal nie na my hoogte neer nie … Hy vlieg op ‘n hoër hoogte deur geboue en vliegtuie. Daarom dat die kelners en lugwaardinne maskers dra.

Nommer 5:

Suid-Afrika se dokter – ek dink haar naam is Angelique Coetzee? – wat die variant ontdek het, het van die begin af gesê dit is lig. Ons regering hou vol dat dit lig is en hou ons op vlak 1 van inperkings. Die dokter hou dit reeds vier weke dop en hy bly lig, mense word nie gehospitaliseer nie. Die Minister van Gesondheid is van dieselfde mening. Ek sien video’s van dolleë hospitale. My sus vertel ook dat die hospitale waar sy verpleegsters oplei en evalueer, leeg is.

Tog word ek aand na aand tydens die nuus gepeper met statistiek oor duisende mense wat nie net die vorige dag positief getoets het nie, maar ook sedert die begin van die pandemie oorlede is. Ek sit die radio of TV sommer af. Wat van statistiek oor mense wat as gevolg van onbehandelbare siektes gesterf het? Dit is ontstellende nuus want vir hulle is daar nie goedkoop medisyne wat gesond maak nie.

Hoe eNuus, Netwerk24, OFM, Bosveld Stereo, die massamedia en regerings oor die wêreld heen ookal druk en trek aan die variant, hy is poegaai. Net soos die aarde se bevolkings poegaai is na twee jaar se onderdrukking. Of is dit eerder verdrukking? Vele lande sluit hulle grense vir Suid-Afrika, maar hulle joernaliste vra juis dat na ons gekyk moet word omdat hier iets te lere is …

Ek dink ons moet dit omarm en kerfees ons God loof vir die verligting. Die pandemie se dryfveer het sy oemf verloor. Wat my by nommer 6 bring.

Nommer 6:

Ek gaan geen kommentaar lewer nie.

Ek sluit eerder af met ‘n gedeelte van ‘n leesplan wat ek vanoggend op my Bybeltoep gelees het. En wat so gepas is. Die spesifieke leesplan se titel is: Moenie die vyand ‘n plek aan jou tafel gee nie.

Klik op die prent hieronder as jy dit self wil lees, dit is ‘n baie spesiale leesplan vir hierdie tydperk in ons lewens. Ek het dit uiters waardevol gevind.

Geniet die feestyd saam met jou geliefdes, God is in beheer. Hy laat ons nooit in die steek nie.

Moenie in vrees lewe nie. Lees gerus die nuwe Wêreldraad vir Gesondheid se raad. Ek het in vrees gelewe, want ek het nogal geglo dat my geen en die virus saam my dood kan kos. Tot ek die siekte gekry en met God se genade veilig daardeur gekom het. Ek en manlief. Met ons eie voorraad teenliggaampies op die koop toe. Ek gaan niks oor die doeltreffendheid van sy teenliggaampies skryf nie, maar ek gaan wel noem dat hy nie nie onlangs siek geword het nie, sy teenliggaampies hou hom gesond.

Vrees steel mens se lewensvreugde, jy vergeet om die mooi rondom jou raak te sien. Ek weet, want ek is daardeur.

Alle eer aan Hom.

‘n Geseënde kerstyd vir jou!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

24 gedagtes oor “Spotprente wat my nie wil laat lag nie …

  1. What’s sad is that a huge number of people can’t (or, more likely, won’t) see the hypocrisy in the propaganda. The Sheep just do what the TV says… (which could lead me into a rabbit hole of ranting about how that’s the point of the TV, but I’ll refrain).

    I think the one about immunity made me laugh the most — in that bitter laughter that comes from recognition of something horribly true and you’re only options are to laugh or go crazy.

    The milking one was pretty good too; as well as the Fraudci stick figure poking the virus for a reaction. (I’ve commented the reason Fraudci gets so upset when someone questions him is he’s pissed that China built him a virus that didn’t work — what did he expect? It was made in China)

    Okay, I’ll stop now.

    Liked by 3 people

  2. As mens met die situasie wil spot om dit ligter te maak, sal dit dalk werk, soos die koei een. Maar ek dink die spotprente is nie geslaag nie. Wonder wat sal Zapiro of Hanniball daarmee kon maak. (ek kry nie meer n koerant nie)

    Liked by 1 person

      1. Ons dag was baie stil. ons is terug in maskers en qr-kodes. Daar was 3600+ nuwe gevalle op 24ste. Ons het wel die strand besoek wat baie stil was met grys wolke oor ons. Getalle is weer verminder vir binnenshuise eetplekke en openbare ruimtes soos kerke. Ons het ons stap vir vandag gehad en die strate was leeg. Jou vriend Andrew en my vrou, Jessica.

        Liked by 1 person

    1. I do not have yet enough evidence, but I do know that internet Fact Checkers can’t be trusted, as evident in the case of an academic journal versus facebook, who have admitted that it is only opinions …

      Like

          1. The Minister for Health ,the Commonwealth Dr and the Premiers were giving daily news conferences. They proved trustworthy. It was impossible to actually see our G.P. for nearly 18 months. All done by telephone. My hearing aids are broken. It took me 2 years to get my eyes examined and I need new dentures and the Dental hospital is still closed.

            Liked by 1 person

          2. It’s my Epilepsy that killed mine but the last one was a hazelnut and it broke the tooth which ⚓ the plate. I have an implant and 4 crowns so what remain are not all mine.

            Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.