Ek weet daar is mense wat kersfees in Julie vier, en dit is miskien presies wat ek hierdie jaar met my kleinkinders moes doen. Want daar is ‘n groot moontlikheid dat ek nie kersfees saam met hulle gaan wees nie. In blogland is daar egter ook mense wat kersfees in Julie vier – naamlik 14 vrouens wat hulself as die Goue Vroue gedoop het omdat elkeen van ons iets gouds aan ons het. En dit is juis hierdie winter kersfees wat tot hierdie bloguitdaging aanleiding gegee het.
Lees voort “Kersfees in Julie in Rebusfontein …”Dag: 7 Julie 2021
As my atlete presteer …
Ek kan nie help om opgewonde te raak as my oud-skoliere en atlete ook naskool presteer nie. En vandag – Saterdag 3 Julie 2021 – is geen uitsondering nie. Ek sit nog so en kyk, toe hardloop een van my hekkiesatlete op die veld – as skeidsregter vir die wedstryd tussen die Leeus en die Britse en Ierse Leeus.
Lees voort “As my atlete presteer …”