Ek blaai so deur my foto’s en kyk in hierdie ene vas, wat my eers laat dink dat elke dag by die see ‘n slegte haardag is. Want, daar is baie soortgelykes … my hare krul ontembaar by die see.
Lees voort “Elke dag by die see is vir my slegte haardag”Maand: Junie 2021
Die euwel van selfone?
Ek het hierdie foto in Julie 2019 op Moskou lughawe geneem. Ons was vanaf Suid-Afrika via Doha op pad na Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan toe. Terug huis toe na vakansie in Suid-Afrika, of sal mens dit eerder ‘n werkweek noem?
Lees voort “Die euwel van selfone?”Sonsondergang oor Valsbaai
My absolute gunstelingstrand is die strand van die kusdorpie Strand., naby Somerset-Wes. Ek dink Strand is sommer terselfdertyd Somerset-Wes se strandgebied. Ek kan ure op die strand loop, foto’s neem en ek raak nooit vir die plek moeg nie. Dit lyk vir my elke keer anders.
Duiwe se voetspoortjies in die sand …
Ek het op die laaste dag van Mei teen skemer uitgegaan om hierdie foto te neem, glad nie om aan enige uitdaging deel te neem nie. Bloot omdat ek so graag wil weet wat die duiwe in die rooi sand maak.
Lees voort “Duiwe se voetspoortjies in die sand …”Avokado’s … herstel vertroue in mensdom
Ek het op Telegram by ‘n Kuruman groep aangesluit waar ek ‘n advertensie van Frikkie gelees het. Hulle lewer avokado’s op die N12 en N14 af, al die pad verby Kuruman en Kathu. En ek het ‘n swak plekkie vir avokodo’s, wat op die oomblik nie alleen baie duur is nie, maar ook reeds halfpad vrot gevat wanneer ek dit koop. Dus reageer ek op die advertensie.
Lees voort “Avokado’s … herstel vertroue in mensdom”Weerkaatsings op die Vaalrivier …
Jez Braithwaite’s se Water Water Everywhere foto-uitdagings trek my elke keer na my eie foto’s toe om een te gaan soek wat kan pas. Hierdie keer plaas ek weer ‘n foto van die rivier by ons huis – veral omdat die tema weerkaatsings is.
Lees voort “Weerkaatsings op die Vaalrivier …”