Nê, sommer net so. Wat is slaap? Want ek is vandag in ‘n bui. Vies. Kwaad. Want ek het nie genoeg geslaap nie. En daarom wonder ek of ek ooit genoeg simpatie betoon wanneer jong mammas knorrig is as hulle te min geslaap het. Ewenwel, dit daar gelaat, ek is in ‘n bui. Omdat ek te min geslaap het.
BB het blykbaar ‘n oorinfeksie, ek sal weer die veearts moet gaan sien. En Bekka en Shilo dink dit is hulle heilige plig om hulle ma te help. Dus lek hulle haar ore. Waar en wanneer ek nie kan sien nie. En in die nag.
Nou kyk, dit is nie die orelekkery wat my wakker maak nie, dit is manlief se ontsteltenis en optrede daaroor wat my wakker maak. Geluide wat ek nie eens hoor nie.
Dan vlieg hy op, sit die lig aan en raas met die skuldiges. Hy wil slaap [ek wou eintlik ook]. Maar ek is wakker, want manlief is kwaad. Hy wil hulle in die garage gaan sit. En ek sal moet keer, want dit is koud met hoofletters snags.
Die manne het geskrik, BB hou haar onskuldig en ons kan weer slaap. Vir ‘n rukkie. Want manlief snork mos bykans dadelik, ek moet eers aan die baie harde geluid langs my in die bed gewoond raak voor ek kan slaap. Ek dink ek raak dalk selfs doof, die dat ek daarmee kan slaap. Of hoor ek net wat ek wil hoor om te kan slaap.
Laat ek dus eers die storie vertel. Toe die kinders jonk was, het ons gekamp. En hulle het geweier om in die karavaan te slaap, want pa snork. Dan het ek pa se kant gekies, die kinders is lelik met hom. Kan nie erg wees nie, want ek hoor niks. En ek slaap reg langs hom.
Tot manlief in Johannesburg gaan werk het. En ek en seun vir eers agtergebly het dat hy matriek klaarmaak. Toe hoor ek die snork. En kon ek nie glo dat ek dit nooit voorheen gehoor het nie. Want dit is erg, baie, baie erg. Tydens die tyd het my ore blykbaar die drempel laat sak, dat ek geluide in die huis kon hoor. Want ek en seun het alleen in ‘n huis gebly wat 1000 vierkante meter onder dak was. Ek moes fyn hoor om ons veilig te hou – die huis het geen diefwering gehad nie. En toe het ons honde nog buite geslaap – in ‘n 3000 vierkante meter erf. tweetjies kon onmoontlik oral patrolleer in die nag …
En nou by vandag se vertelling.
Ek het net weer geslaap, toe gaan die lig weer aan, manlief raas met die skuldiges. BB se ore word steeds gelek. En dit word met mening gedoen, dipe in die oor in. Dit klink of Bekka haar oor stukkend wil lek.
En ek kan myself daarvoor blameer. Ek het hulle gebad en ek vermoed BB het water in die oor gekry toe sy gegly het. Dus het sy seer oortjie en die manne help uit.
Maar help hulle skurwe tonge?
Ek glo nie. Bekka (Sobek) het mos Oktobermaand haar wond oopgelek nadat haar nierstene verwyder is. Gelukkig het ek gesien, maar dit was hele proses om dit gesond te kry. Kon groot skade veroorsaak het. Ek het al daarvan vertel.
Dus vlieg ek op, sit BB op die bed, skyn my bedliggie in haar ore en die oor is rooi. Eintlik pers. Al wat ek het, is Germoline salf en dit word aangesmeer. Ek weet dit moet werk op die bloedrooi gelekte binnekant van die oortjie. Want hierdie salf doen wondere vir my.
Maar – manlief is kwaad, hy werk vandag, moet al 4 uur opstaan om te gaan werk.
Dus plak ek BB tussen ons in die bed. Dat hulle nie by die ore kan uitkom nie.
BB is in ‘n sewende hemel, die salf werk en sy snork. Liggies. Ek kan nie slaap nie, want die man van my snork. Baie harder as BB. Hy snork dat hoor en sien vergaan, hoor nie homself nie. Maar hy hoor die skottelgoedwasmasjien wat in die kombuis skottelgoed was. So sag dat dit met dei spin van ‘n kat in die verte vergelyk kan word.
En hy en BB maak beurte om stilte gapings te vul. BB snork, dan snork hy en so gaan hulle twee aan.
Kwaad staan ek op en gaan sit agter my rekenaar. Gewillig volg drie lyfies my uit die kamer, waar ek is, is hulle mos ook.
Maar wat kan ek doen? Ek is te kwaad om te konsentreer, dalk net te moeg? Dit moet donkiewerk wees.
Toe begin ek maar om hierdie webblad ook te organiseer. Ek wil nie meer alles onder joernaal sit nie, slegs my menings, my lewe wat nie onder al die ander onderwerpe pas nie. Ek wil ook nie te veel onderwerpe hê nie, dan is dit ook nie goed nie.
So speel ek twee ure om, kyk hoe manlief ontwaak, maak sy kos vir die werk en sien uit na die slaap van die dooies as hy eers gery het.
Ons luister na die diens op die radio, maar ek neem niks in nie. Dink ek. Want ek kan dit nie herroep nie.
Kyk kwaai vir manlief, wat sowaar effens skaam vir my kyk. Nou toe nou, dalkies is die man tog jammer oor die nag … En ek vra:
“Sê my sê, hoe kan hy kla oor ‘n woef se lek as jy so hard snork dat my ore tuit?”
En ek is mos kwaad. toe maak ek die geluide na. Amper onhoorbare lek, donderweer snork.
En sy verweer?
“Wel, dan weet jy darem dat ek nog lewe.”
En dit is waar. Ek weet dit.
Hy is op stadium getoets, hou baie keer in die nag op om asem te haal. Dit is groot probleem, maar hy wil nie die goed dra wat daarvoor help nie. En ek sou waarskynlik ook nie wou nie. Dit moet ek byskryf. Hoe kan ek dan vies bly omdat ek geen slaap ingekry het nie?
Maar ek weet ook dat hy vandag gaan sukkel, gelukkig is dit Saterdag, kan hy vroeg huis toe kom.
Ek kan gaan slaap, vyfuur gee nog baie ure van rus.
Dit is nog donker by ons.
En toe wil die slaap nie kom nie.
Ek het my brein oortyd laat werk agter die rekenaar.
Hulle beweer mos ook dat die kleur van die skerm ‘n invloed op slaap kan uitoefen. Te veel blou of so iets? Blou kleur? Ek kan nie nou onthou nie. Is ook nie lus om te gaan opsoek nie.
Idees hardloop ongevraag in en uit, hou die slaap weg.
En daarom is ek vandag in ‘n bui!
Ai. Miskien kan jy netnou hou n uiltjie knip!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad … maar die slaap het weggekruip. Waarom sukkel mens soms om weer aan die slaap te raak?
LikeLike
Ek het soveel werk wat moet klaar, my bui het darem gesak …
LikeLike
Iewers raak jou brein oorgestimuleer.
LikeLiked by 1 person
En dit moet mens nie in die nag aan haar doen nie, dan wil sy aanhou werk terwyl my lyf hokaai roep …
LikeLiked by 1 person
Ja. Maar soms staan ek ook sommer op en begin iets doen.
LikeLiked by 1 person
Net so, anders word mens kwaad oor iets wat jou maat nie kan beheer nie. Soos hy te vertelle het, dit wys dat hy lewe.
LikeLiked by 1 person
Ek is bevrees dat ek harder snork as my man.
LikeLiked by 1 person
Moet ek ook probeer?
LikeLiked by 1 person
O nee!
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou lekker. Ek dink nie mens kan kies of jy gaan snork of nie.
LikeLiked by 1 person
Moet vir jou seek sukkel altyd om te slaap en weet hoe daai bui voel! 😦 Hoop die dag was darem nie te sleg nie 😀
LikeLiked by 1 person
Heel goed uitgedraai, dankie, Aletta.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly!
LikeLiked by 1 person
Download blue light filter vir jou rekenaar en foon. Stel dit om om en by 1.5 ure voor jou bed tyf aan te gaan, maak jou skerm dof en help om Melatonin nie te versteur nie. En goie tyd vir jou om te weet jy moet afskakel. Lees papier boeke of iets, maar niks elektronies nie:)
LikeLiked by 1 person
Al weer soos ek jou ken, liewe Virgo. Naie goeie raad, ek gaan so maak.
LikeLike
So kan slaap op ‘n nag net verjaag word nè! Deur alles om jou. Sleg as mens dan ‘n vol dag moet aanpak!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig kan ek gaan slaap as ek moet. Die woewe waardeer so dagslapie baie.
LikeLike
Ek is gewoond aan min slaap, tog weet ek hoe dit ‘n mens se bui kan verander. Dit is jammer dat julle so ‘n slegte nag gehad het en ek hoop jou hond se ore sal gou beter word. Die brein is ‘n snaakse deel van ons; een wat ons nie maklik kan beheer nie. Deesdae weet ek dat daar ‘n ‘venster’ (a window of opportunity) is wanneer ek moet slaap anders sal ek vir ure nog wakker bly.
LikeLiked by 1 person
Anne, jy stel dit so perfek. Venstertyd – as ek nie dan slaap nie, is ek oor dit.
LikeLiked by 1 person
They are so cute! Beautiful dogs!
LikeLiked by 1 person
Thank you very much, I love them a lot.
LikeLiked by 1 person
Or couse, they are SO lovable.
LikeLiked by 1 person
Best friends, even better than human friends I believe.
LikeLiked by 1 person
I would agree with that.
LikeLiked by 1 person