Hierdie foto vat my 10 jaar terug en ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie.

Seun, skoondogter (aanstaande toe) is saam met ons Kaap toe, ons wou gaan plaas koop by die see. En toe het ons nie. Dit was egter ‘n baie lekker vakansie, en BB was saam met ons. Ek sal moet dink wat die strand se naam was, maar dit is naby Wildernis, ons het in daardie rigting gesoek.
Sy was nog so klein, my babatjie. Die woonstelle het gesê geen troeteldiere nie, maar BB is mos nie ene nie?
Toe gaan sy saam.
Sy het haar lieflik gedra, ons het haar in haar pienk dramandjie gesit en so strand toe gestap. Met my hand by haar koppie, dat sy verstaan dat sy moet stil wees as mense verby kom. En sy was baie gehoorsaam – was die hele tyd stil – tot op die strand. Sy was dan hoeveel keer so saam met my in die winkels …
As ‘n winkel BB nie wou toelaat nie, het ek ook nie daar gekoop nie. Ek was nogal erg oor die BB kind van my. Siestog, sy kon mos nie alleen tuis bly nie?
Dit was koelerig en die wind het deur haar haartjies gewaai. En die seewater het dit taai en onbeheerbaar gemaak, soos my eie hare.
Lieflike herinneringe aan ‘n dekade waarin die poppie ons lewens verryk.
Windverwaaid!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, julle sal daardie verwaai ken … Kaapse strande.
LikeLiked by 1 person
Ons het my eerste schnauzer ook oral saamgeneem. Sy het tot saam met ons in hotelle gebly sonder dat party dit agter gekom het.
LikeLiked by 1 person
Want hulle is so soet, luister en lawaai nie. Lief hierdie honde ras.
LikeLike
Netso, maar as hul praat het hul beslis genoeg te vertelle as Mamma n bietjie uit was.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan!
LikeLike
Beste is hul kom vertel vir jou as iets gebeur het terwyl jy weg was. Ek lees Trompie soos ‘n boek as iemand aan deur geklop het!
LikeLiked by 1 person
my dawiehond gaan sê vir al die bure hello sodra hy kan. nou het ons sy uitkomplek gekry en dit toegemaak. wil nie hê iemand moet hom optel nie. hy sal eenvoudig saamgaan. lief vir almal.
LikeLiked by 1 person
Gits, beslis probleem, hy sal maklik wegraak.
LikeLike
Pragtige woefie. So mooi as jy haar so vertroetel!
LikeLike
Ag San, sy is my kindjie. Baie lief vir haar.
LikeLike
Sooo mooi om te hoor en van te lees! 💙
LikeLiked by 1 person
Dankie, vriendin.
LikeLike