Gepubliseer in Joernaal

Saamgestelde foto-uitdaging #2

Ek gesels verlede week oor wat ek in iemand se wolk foto sien en raak aan die gesels met een van die mense wat kommentaar gelewer het – Andrew Blair het die volgende te vertelle gehad:

Or what I couldn’t have. When I was about 12 I thought I saw the Children of Israel, led by Moses, walking across the blue sky between the clouds.

Dit moes asemrowend gewees het. Ek het toe vertel dat ek een keer ‘n foto van wolke geneem het wat die idee geskep het dat soldate aangestap kom. Hier is die foto:

Soldate in gelid

Kyk die onderbene en die voete … so in gelid.

Mama Cornier het ‘n uitdaging waartydens tekstuur op Dinsdae gedeel moet word. Ek was in my element. Hierdie foto het ek nou die Sondag by Boesmansgat in die Noord-Kaap, Suid-Afrika, geneem.

Verweerde rots by Boesmansgat, Noord-Kaap, Suid-Afrika

Die tekstuur is absoluut pragtig. Kyk hoe verweer die rots, sulke deeltjies word los en dan word dit klippies in hulle eie gaatjies. En dan spoel die klippies uit …

***

Travellink het gevra vir pienk verlede week. Toe deel ek ‘n foto van ‘n blom in my tuin. Vandag dink ek daaraan dat hierdie foto van BB se harnas baie gepas is …

Sy was baie vies vir my, daarom kruip sy onder die tafel in die sitkamer weg.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Saamgestelde foto-uitdaging #2

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.