Het jy vorige blitssepie van Netwerk24 gekyk? Die Testament. Ek het aanvanklik gedink dit is sommer laf. Hoe kan mens ‘n storie volg as dit elke dag minder as vyf minute lank is?
Wel, mens kan. As jy nie het nie, hier is ‘n voorsmakie van wat in minder as as twee minute vertel kan word!
In vyf minute sonder advertensiebreuke het baie gebeur. En met spelers soos Nico Panagio van Survivor SA faam (mooie man), Rolanda Marais en Sandra Prinsloo het ek elke dag uitgesien na die vyf minute Christa-tyd. Me-time verpersoonlik natuurlik.
Ek sal bietjie uitvind of mens dit steeds kan kyk. Ek kry dit nie op Netwerk24 nie.
Ek sien daar was 65 episodes. Dit het vir my gevlieg. Teen vyf per week het dit mos langer as ‘n maand en dalk selfs twee uitgesaai!
Toe wag ek in spanning vir die tweede sepie. Op en Af.
Met Diaan Lawrenson, Paula uit jare gelede se 7de Laan, as die vervaardiger kon ek net iets goeds verwag. Sy is nie verniet die dekaan by ‘n tersiêre instelling nie. Met haar man as mede-vervaardiger was ek so effens skepties.
Jody Abrahams speel mos, so lyk dit vir my, net in rolle waar hy ‘n soort van moegoe se rol kan speel. Iemand wat niks vir homself kan doen nie. En vir wie alles ‘n grap is. Soos tans in Arendsvlei. Voel of al sy rolle soortgelyk is. Daarom begin ek al glo dat dit sy soort van goeie movies is.
Met my gunteling akteurs in ander reekse of sepies as karakters, was ek egter opgewonde om die nuwe blitssepie te volg. Akteurs soos Quanita Adams (Arendsvlei, Sara se geheim), Nadia Valvekens (Binnelanders, Die Byl), Neels van Jaarsveld (Fynskrif), Charlton George (Fynskrif, Sara se geheim), Nicole Fortuin (Alles Malan, is mos sy?), Marlo Minnaar (Sara se geheim) en Milan Murray (Die Byl) het ek egter besluit dat die sepie sommer van die begin af gekyk gaan word.
En ek is nie spyt nie.
Dit het uiteindelik vroeg in Februarie begin. As jy nou begin kyk, kan jy die eerste week as ‘n kombo sien. Maar mens kan ook net soek om van episode 1 af te kyk. Op Netwerk24. Ons kyk vandag die 8ste episode’tjie.
Dit is net so effense pyn as mens nie maar liewer elke een kyk nie. Ook dat ek dit op my foon kan kyk, maar nie op my iPad nie.
Ek sien die sepie word deur Netwerk24 en Via moontlik gemaak.
Ek gaan nie die storie vertel nie, net dat dit gaan oor 3 paartjies in ‘n woonstelblok wat ‘n huweliksberader aanlyn spreek oor hulle probleme. Of wag, ons leer die derde paartjie nog net ken, want hulle is pasgetroud. Sy “weet” egter hulle gaan ook daar land … En hierdie akteurs is skreeusnaaks. Mens moet ook baie tussen die lyne lees, nie alles word met ‘n lepeltjie ingegee nie.
Daarom moet mens half lees wat hulle oor die nuutste episode skryf om te verstaan wat jy in die volgende 5 minute gaan sien.
Wat ek wel kan sê, is dat die R99 per maand wat ek vir Netwerk24 betaal absolute vermaak waarborg.
Ek volg nie die nuus nie. Dit is te neerdrukkend. Of lagwekkend in sommige gevalle.
Ek luister na die luisterboeke, ek lees my tydskrifte soos Sarie en Huisgenoot aanlyn en ek is nogal opgewonde om te sien dat Huisgenoot verander het. Ek kan egter ook hierdie wonderlike blitssepies volg.
Hier waar ek in Qazaqstan is. Geen wonder ek sukkel so om Russies te leer praat nie. My taal is dan, behalwe vir die enigste ander Afrikaanse persoon, hier by my.
Foto: Jare gelede met ‘n klein Blackberry foon geneem. Toe was die gehalte van selfoonfoto’s maar pieperig. Die foto is van die stoep van ons rivierhuis in Bothaville geneem, oor die Vaalrivier, na Bothaville se kant. En so terloops, ek is maar goed skrikkerig vir weerlig.
Kannie sulke goed kyk nie. Mis dit ook nie regtig nie.
LikeLike
Ek is ‘n taaljuffrou. En drama en verhoogstukke en sepies fassineer my. Natuurlik ook ons akteurs.
LikeLike
Ek verstaan dit. Ek het ook maar van die verskillende stukke gehou en geniet. Ek het bedoel ek kannie hier in NZ dit meer kyk nie, Mis dit nogal want die klomp Engelse sepies hier is vir my met tye onverstaanbaar. Nie net die taalgebruik nie maar ook die Engelse manier van doen is ook maar half vreemd. Ek kom juis agter dat my regte egte goeie vriendin my aanvaar soos ek is maar tog met tye bots ons half omdat ons ander agtregrond het en ook onder ander omstandighede lewe en gelewe het.
LikeLike
Ek stem saam. Snaaks hoe mens die gewoontetjies mis as jy tussen ander woon.
LikeLike
Ek dink mens waardeer die gewoontes meer as mens so in die vreemde bly.
LikeLike
Ek stem.
LikeLiked by 1 person
Ek het n sonbesie ingesit op my Photo for the week 55. Gaan kyk gerus bietjie hoe groot die goet is.
LikeLike