Ek kan nooit ‘n resep toets en dit dan vir altyd net so maak nie. Dus eksperimenteer ek met variasies op dadelballetjies. Hierdie een is tans my gunsteling.
Maand: November 2018
Trojaanse vingers …
Ek wonder hoeveel verhoudings deur die Trojaanse vinger geteister word en hoeveel daarvan uiteindelik oorleef. Die Trojaanse perd is mos toentertyd ingespan om soldate ongesiens in ‘n stad in te smokkel – veilig versteek binne in die perd se binneste.
Tamatie en basilsous vir Thermomix
Ek het vanaand pap in my Thermomix gemaak en dit het heerlik uitgekom. Natuurlik wou manlief hê dat ek ‘n sous vir die pap maak, dus het ek my sous aangepas om in die TM-houer te maak.
Werkwoorde – Afrikaans
Daar is vier soorte werkwoorde (doenwoorde, woorde wat aksie aandui), naamlik selfstandige werkwoorde, hulpwerkwoord, koppelwerkwoorde en die infinitief. Sommige werkwoorde kan in onderafdelings ingedeel word.
Lees voort “Werkwoorde – Afrikaans”Google volg my orals …
Vanoggend kry ek ‘n interessante e-pos van Google af – naamlik dat Google nou ‘n tydlyn aanbied. Dié tydlyn help my om weer te kyk na plekke waar ek die afgelope maand was en om herinneringe op te roep oor oorsese reise en vorige plekke wat ek die afgelope maand besoek het.
Telwoorde – Afrikaans
Daar is twee soorte telwoorde, naamlik hoof- en rangtelwoorde. As jy die regte vraag vra, is dit maklik om tussen die twee soorte telwoorde te onderskei.
Lees voort “Telwoorde – Afrikaans”