Naweke by die rivier is salig. As ons nie broodpanne hier het nie, gebruik ons sommer ‘n vierkantige koekpan. Grace het haar resep aangepas om vinnig en maklik in my Thermomix te maak.
Maand: November 2018
Smullekker sjokoladekoek – Thermomix
Ek het die sjokoladekoekresep in die Thermomix Basic Cookbook aangepas en dit is heerlik. Supersag, smelt in die mond koek met ‘n boonste lagie wat effens krakerig is en in mens se mond smelt!
Vars appelsap – Thermomix
Manlief vra toe of ek nie appelsap kan maak nie, dus volg ek sus Janet se raad en Google. Net om te lees dat dit so moeilik is dat mens liewer die sap gaan koop.
Pannekoek – Thermomix
‘n Smullekker happie vir Sondagaande. Dié wat nie opgeëet word nie, dien die volgende oggend as smulhappies in kosblikke.
Gestoomde groente en vleis – Thermomix
‘n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak.
Dadelballetjies – Thermomix
Aangesien manlief onlangs diabetis ontwikkel het, bak en brou ek nou sonder suiker. Hierdie resep is heerlik soet, maar geen suiker is bygevoeg nie. Vinnig en maklik in my Thermomix gemaak.