Gepubliseer in Resepte

Pannekoek – Thermomix

‘n Smullekker happie vir Sondagaande. Dié wat nie opgeëet word nie, dien die volgende oggend as smulhappies in kosblikke. 

Screenshot 2018-11-23 at 14.24.46.png

Pannekoek (Crêpes, The Basic Cook Book, bladsy 48)

(Genoeg vir 10 pannekoeke)

Bestanddele

  • 50g botter
  • 250g koekmeel
  • 500g melk
  • 200g water
  • 4 eiers
  • knippie sout

Metode

  1. Plaas botter in die TM-beker
  2. Smelt 2 minute teen 70 grade, spoed 2
  3. Maak seker skaal word na 0.00 gestel en voeg meel, melk, water, sout en 4 eiers by die gesmelte botter in die TM-houer
  4. Laat rus die mengsel vir 30 minute
  5. Smeer ‘n pan lig met botter
  6. Voeg klein hoeveelheid van die mengsel in pan en draai om hele bodem te bedek
  7. Bak 2-3 minute totdat randte goudgeel is
  8. Draai om en bak nog een minuut
  9. Plaas in boerd en bedek met vaddoek om warm te hou
  10. Bak res van die pannekoeke en plaas bo-op die eerste een.

Vulsel

Bestanddele

  • 250g maalvleis
  • 1 medium-grootte gekapte ui
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • sout en peper na smaak
  • speserye na smaak
  • 1 eetlepel Maizena gemeng met bietjie water om pasta te maak
  • gerasperde kaas

Metode

  1. Braai ui en gin ‘n pan
  2. Voeg maalvleis, sout, peper, speserye by en laat prut op stadige hitte
  3. Voeg Maizena-pasta by en roer
  4. Plaas lepelsvol in ‘n ry aan die bokant van ‘n pannekoek
  5. Strooi gerasperde kaas bo-oor vleismengsel
  6. Rol op
  7. Sny pannekoek in drie gelyke dele
  8. Dien op.

Wenke

  • Ek het die maalvleisvulsel gemaak terwyl manlief die pannekoeke gebak het. Span hom gerus in die werk.
  • Indien jy alleen werk, kan die vulsel gemaak word terwyl die pannekoekmengsel rus.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.