Gepubliseer in Resepte

Smullekker sjokoladekoek – Thermomix

Ek het die sjokoladekoekresep in die Thermomix Basic Cookbook aangepas en dit is heerlik. Supersag, smelt in die mond koek met ‘n boonste lagie wat effens krakerig is en in mens se mond smelt!

Die koek het geen versiering nodig nie, dit gee eerder die idee van brownies, my seun se gunsteling gebak.

Screenshot 2018-11-23 at 14.27.10.png

Bestanddele

  • 140 gram ongesoute botter, in stukkies gesny
  • knippie sout
  • 170 gram suiker
  • 6 eiers, geskei
  • 260 gram donker sjokolade skyfies (die fyn soort vir bakdoeleindes)
  • 55 gram koekmeel

Metode

  1. Spuit ‘n vierkantige koekbak met Spray-and-Cook
  2. Voorverhit oond tot 200°C
  3. Sit die skoenlapperklitser op sy plek in die TM-houer
  4. Voeg die eierwitte by
  5. Klits vir 6 minute teen 3.5 spoed (of tot die eiers styfgeklits is)
  6. Voeg 20 gram suiker by en klits 20 sekondes teen 2.5 spoed
  7. Verwyder die skoenlapperklitser
  8. Gooi die mengsel in ‘n ander maatbeker oor
  9. Sit die res van die suiker, eiergele en botter by
  10. Meng vir 6 minute teen 70°C en 4-spoed
  11. Voeg sjokoladeskyfies by en wag ‘n oomblik dat dit smelt
  12. Meng vir 20 sekondes teen 5-spoed
  13. Voeg koekmeel by
  14. Meng vir 10 sekondes teen 5-spoed
  15. Sit weer die skoenlapperklitser op sy plek in die TM-houer
  16. Voeg die eierwitmengsel by
  17. Meng vir 15 sekondes teen 2.5 spoed
  18. Gooi di mengsel in die bakpan oor
  19. Bak vir 20-25 minute
  20. Laat eers in die pan afkoel voordat dit op ‘n afkoelrak omgekeer word
  21. Bedien warm of koud.

Wenke

  • Die mengmetode en die baktyd veroorsaak ‘n sagte binnekant. Die baktyd in die basiese resep is 10-15 minute om ‘n roomagtige binnekant te skep. Ek verkies die langer baktyd, wat ‘n brownie-agtige binnekant veroorsaak. Speel dus met die baktyd om die tekstuur van die binnekant na jou smaak te verander.
  • Dit is onnodig om hierdie koek te versier, die tekstuur van die boonste lagie, wat neig om te skilfer, is hemels.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.