Manlief vra toe of ek nie appelsap kan maak nie, dus volg ek sus Janet se raad en Google. Net om te lees dat dit so moeilik is dat mens liewer die sap gaan koop.
Dit is nie waar nie. Ek het ‘n paar resepte gemeng en aangepas en die eerste probeerslag was hemels.
Bestanddele
- 6 appels, verwyder stronk, sny in stukke
- 800g water
- 100g suiker
- 2 eetlepels suurlemoensap (ek het tuisgemaaktes gebruik)
- genoeg ys
Metode
- Voeg water en suiker in die TM beker
- Kook 10 minute teen 90 grade op spoed 2
- Voeg gesnyde appels en suurlemoen by
- Kap vir 10 sekondes teen spoed 5 fyner
- Indien verkies, kap vir 10 sekondes teen spoed 5 nog fyner
- Gooi ys in TM-houer om mengsel vinniger af te koel
- Kap weer vir 10 sekondes teen spoed 5 om ys fyner te kap
- Sodra TM-houer se temperatuur laer as 60 grade is kan Turbo gebruik word
- Turbo 5 keer vir 2 sekondes lank
- Bedien in glasbeker, voeg meer ys by indien nodig.
Wenke:
- Moenie skil nie, die skil gee smoothie-agtigheid aan die appelsap
- Verpulp langer om minimum puree in houer agter te laat
- Voeg kaneel by vir ‘n interessante, appelteragtige smaak.