Naweke by die rivier is salig. As ons nie broodpanne hier het nie, gebruik ons sommer ‘n vierkantige koekpan. Grace het haar resep aangepas om vinnig en maklik in my Thermomix te maak.
Bestanddele
- 115 gram botter
- 250 gram suiker
- 260 gram bruismeel
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 2 eiers
- 6 piesangs
- vanielje geursel
Metode
- Smeer die broodpan
- Voorverhit oond 180 grade Celsius
- Voeg suiker en botter, meng 10 sekondes spoed 3
- Meng weer 10 sekondes spoed 3
- Voeg eerste eier by en meng vir 10 sekondes op spoed 3
- Voeg tweede eier by en meng vir 10 sekondes op 3
- Voeg al die droeë bestanddele by en meng vir 15 sekondes op spoed 3, neem op na spoed 5
- Skraap kante van die bak af
- Breek piesangs, voeg by en meng vir 10 sekondes op spoed 5
- Skep deeg in gesmeerde bakpan oor
- Bak vir 60 minute, of tot goudbruin bo
- Toets met tandestokkie of dit gaar is
- Bedien koud of warm.
Wenke van die kok
- Maak suiker eers fyn voordat botter bygevoeg word
- Stel oond vir ‘n paar sekondes op Braai sodat die boonste kors bruiner bak.

Ek gaan hierdie resep net vanmiddag uitprobeer. Lyk heerlik.
LikeLike