Ek weet dat gorillas die diere is wat die naaste aan die mens is, maar ape is vir my ook na aan die mens. Kyk gerus weer na my hooffoto.
Lees voort “Ape is so na aan mense”Etiket: Sun City
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.
Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae
Ek sal my twee kinders se 30ste verjaarsdae nooit vergeet nie. Nie net omdat hulle my kinders is nie, maar ook omdat beide by Sun City gevier is en beide my hart amper laat gaan staan het weens die teenwoordigheid van ‘n aap of ‘n bobbejaan wat dit te naby na my smaak aan my gewaag het.
Lees voort “Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae”