Nê, sommer net so. Wat is slaap? Want ek is vandag in ‘n bui. Vies. Kwaad. Want ek het nie genoeg geslaap nie. En daarom wonder ek of ek ooit genoeg simpatie betoon wanneer jong mammas knorrig is as hulle te min geslaap het. Ewenwel, dit daar gelaat, ek is in ‘n bui. Omdat ek te min geslaap het.
Lees voort “Wat is slaap? ….”Etiket: Woefkinders
Woefkinders en onaangename reuke
Hierdie storie is so effens onder die belt, blaai dus asseblief verby as dit jou gaan pla. Dit is vir my baie snaaks en ek wil dit eendag kom lees en onthou …
Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees
Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander.
My drie skaduwees … ek bedoel twee …
Ek het my hart styf toegesluit om my drie Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo en Sobek nie vreeslik te mis toe ons in Kazakhstan gebly het nie. Hulle sou aanvanklik saam met ons oorgegaan het. Want my kinders kon nie na hulle kyk nie. En ek sou hulle nie laat uitsit omdat ek oorsee gaan bly nie.
Lees voort “My drie skaduwees … ek bedoel twee …”