So twee weke gelede sit ek en ‘n Qazaqmeisie en gesels. Ook oor hoe ek oor Ust voel. En dat dit goed is dat ek eers kom kyk het hoe dit hier lyk.
Lees voort “As dit eers so mistig in Ust raak …”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Die sirkus is (of was) in Ust
Verlede week sien ek die pamflette en advertensies teen die bushalte se muur. Die Tsirk (Sirkus) is in Ust. En ek wou nog gaan, veral nadat ek die groot wit tent Sondag op ‘n oop stuk grond gesien het. Maar die week gaan mos net so vinnig verby.
Lees voort “Die sirkus is (of was) in Ust”Ek skenk weer bloed met Victorinox
My dogter en skoondogter het al lankal hierdie messies met die plastiese handvatsels in hulle laai. Ek het dit nooit by hulle gebruik nie, net verder in die laaie gesoek vir skerp messies. Lekker vlak gekyk!
Lees voort “Ek skenk weer bloed met Victorinox”As die Kaiser dink sy weet beter as ek
Lag ek nou lekker toe ek daaraan dink dat baie mense my nou met die titel sal wil reghelp.
Lees voort “As die Kaiser dink sy weet beter as ek”Julle verkrag die vleis …
Ons wou vandag weer wors maak. En daarom moes ons eers mark toe om die vleis te koop.
Hysbakmaniere in Ust
Ek dreig al so lank om meer te vertel oor hysbakke en hysbakmaniere in Ust. Ek het nie foto’s van al die variasies geneem nie, maar ek dink tog ek moet dit vandag vertel.
Lees voort “Hysbakmaniere in Ust”